’n R100-heffing op die verkoop van elke nuwe TV-stel, DVD-speler en hoëtroustel wat kleinhandelaars namens die SAUK moet insamel.
’n Aansienlike verhoging in SAUK-lisensiegeld. Dit is so lank terug as nege jaar gelede verhoog en dit is dus nou wenslik om meer te vra.
Die instelling van permanente “lisensiefooie’’ wat MultiChoice en DSTV, M-Net en alle voornemende betaaltelevisiemaatskappye aan die SAUK moet betaal.
Die kwytskelding van BTW op lisensiegeld-inkomste, wat die SAUK ’n bykomende R132 miljoen in die sak sal bring.
Volgens die voorlegging gaan die uitsaaier in 2010 sowat R540 miljoen nodig hê vir die oorskakelingsproses na digitale terrestriële televisie (DTT), wat reeds begin het. Die bedryfsuitgawe in die SAUK-begroting sal groei na R661 miljoen in 2011 en R746 miljoen in 2012.
Oorblywende en voormalige lede van die SAUK-raad en -bestuur moet weer môre voor die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie aanmeld sodat die SAUK se bestuurs- en geldkrisis te bespreek kan word nadat net twee van die vier oorblywende raadslede vir Donderdag se vergadering opgedaag het.
Lede van die raad blyk onwillig te wees om vrae oor die krisis te beantwoord en verantwoordelikeheid vir die geldtekort te aanvaar.
Volgens Beeld is daar bespiegelinge dat die SAUK-raad môre ontbind gaan word sodat ’n nuwe waarnemende bestuurskomitee van vyf mense aangestel kan word.
Nege uit die twaalf oorspronklike SAUK-raadslede het sedert Maart bedank nadat me. Nadia Bulbulia Vrydagmiddag ook haar bedankingsbrief ingedien het.