Rusland wil bande met Afrika herstel

Deel op
Russiese president Dmitry Medwedef is hierdie week op 'n besoek aan vier Afrikalande om bande met Rusland se ou invloedsfeer te herstel.

Nadat hy Dinsdag in Egipte aankom, sal Medwedef ook Nigerië, Namibië en Angola besoek vanaf Woensdag tot Vrydag om sy land se ekonomiese belange uit te bou.

Die president se besoek volg op 'n besoek van sy voorganger Wladimir Poetin in 2006, wat die eerste besoek van 'n Kremlinleier aan suider-Afrika was.

"As die Amerikaners nou bedrywig is in post-Sowjetgebiede, dan is dit net natuurlik dat ons leierskap kan wys dat ons ook aktief kan wees in Post-Sowjetgebiede," het Apollon Davidson, Rusland se voorste Afrikahistorikus gesê.

Gedurende die Koue Oorlog was Afrika die sleutelvoorkeurgebied tussen die Sowjet-Unie en die Weste en het die kommuniste en pro-Westerse magte verstekoorloë vir ideologiese invloed op die kontinent gevoer.

Die stryd vandag gaan om die kontinent se enorme en hoofsaaklik onontginde grondstowwe, 'n vooruitsig waarvan die Kremlin weldeeglik bewus is.

Die Russiese gasreus Gazprom kla reeds dat hulle ver agter buitelandse mededingers in Afrika is, en het aangedui dat hulle gereed is om 'n groot uitdaging aan die Weste te stel.

Moskou se bande met Angola het tot 'n abrupte einde gekom met ineenstorting van die Sowjet-Unie, maar die Kremlin wil hulle verhoudinge weer hervat met lande wat ryk is aan olie, gas, diamante, metale en uraan.

"Tradisioneel is ons sake- en ekonomiese verhoudinge nie so sterk nie, want die Sowjet-Unie se bande in Afrika was polities en ideologies," sê Davidson wat Afrika al die afgelope 60 jaar bestudeer.

"Natuurlik gaan dit moeiliker wees as in die 1980"s toe 'n mens òf deel van die Westerse òf die Sowjet-blok was," sê Samir Gadio wat 'n Afrikastrateeg vir Renaissance Capital in Moskou is. Hulle het kantore in Nigerië en Kenia.

Rusland se grootste handelsvennoot in Afrika is tans Egipte maar handelsbande met Angola, Nigerië en Namibië waar een van die wêreld se grootste oopgroefuraanmyne is, is onbenullig klein volgens Gadio.

Nigerië kan 'n belangrike ontvanger van Russiese beleggings word indien Gazprom in 'n nuwe sleutelgaspyplyn daar belê.

Europa stel in 'n trans-Saharagaspyplyn belang omdat die EU graag hulle energiebronne wil diversifiseer. Die gasreus wil betrokke raak by dië prokek.

Nigerië en Rusland sal 'n energiesamewerkingsverdrag sluit en 'n gesamentlike onderneming tussen Gazprom en Nigerian National Petroleum Corporation (NNPC) sal ook geteken word het amptenare in Abuja bevestig.

"Daar is 'n groeiende bewuswording in Russiese sakekringe dat Afrika 'n mark van globale belang verteenwoordig wat meer sakegeleenthede as enige ander plek op aarde bied," het Dmitri Suchkov van die Russiese staatsbank VEB gesê.

Suchkov is 'n lid van die sakegroep wat Afrika in die oog het. Russiese maatskappye wat reeds in Afrika bedrywig is, is UC Rusal, 'n aluminumaanleg in Nigerië en Guinee wat deur miljardêr Oleg Deripaska bestuur word.

Viktor Vekselberg, nog 'n miljardêr, se Renova is teewoordig in Suid-Afrika, terwyl die diamantmonopolie Alrosa aktief is in Angola.

Wladimir Shubin, assistent-direkteur van die Afrika Instituut van die Russiese Akademie vir Wetenskap sê in die 90s was dit moeilik maar sekere ekonomiese bande het behou gebly. Baie van die leiers wat in die Sowjet-Unie opgelei is het nog die portrette van Lenin en Marx teen hulle mure, sê hy.

Theo Grunewald, Namibië se ambassadeur in Rusland, het gesê Medwedef gaan Sam Nujoma op 'n safari vergesel waar hy leeus en renosters gaan besigtig.

бра lightstar pezzo 801610Лобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.