EU mik vir finansi?le toesighouding

Deel op
Leiers van die Europese Unie het gister ooreengekom om ’n stelsel van finansiële toesighouding in te stel om ’n nuwe ekonomiese krisis te verhoed.

Die ooreenkoms is bereik ná laatnaggesprekke tussen Brittanje, Duitsland en Frankryk om vrese in Londen te besweer dat die nuwe pan-Europese liggaam die magte van nasionale reguleerders kan ondermyn.

Die ooreenkoms volg kort op die hakke van president Barack Obama van die VSA se aankondiging Woensdag dat die grootste hervorming van Amerikaanse finansiële toesighouding sedert die 1930’s op hande is.

“Die EU, soos die res van die wêreld, voel steeds die gevolge van die diepste en wyds verspreide resessie van die era ná die oorlog. Dit is van kardinale belang dat die EU voortdurend die nodige stappe ontwikkel en in werking stel in reaksie op die krisis,” het die leiers in ’n verklaring gesê.

Die voorgestelde toesighouding sal geskied deur drie pan-Europese beheerliggame te stig wat sal verseker dat lande nuwe reëls vir toesighouding instel, asook ’n Europese sistemiese-risiko-raad, wat risiko's vir finansiële stabiliteit sal monitor.

In reaksie op die Britte se kommer is daar besluit dat die nuwe liggame glad nie inbreuk sal maak op die fiskale verantwoordelikhede van lidlande nie.

набор для детского творчестваДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.