Ajatolla vra einde aan straatbetogings

Deel op

Die opperleier van Iran, ajatolla Ali Chamenei, het gister ’n einde geëis aan die straatbetogings wat die land ruk sedert ’n betwiste verkiesing ’n week gelede, en gesê enige bloedvergieting sal hul leiers se skuld wees.

Hy het president Mahmoed Ahmadinedjad verdedig as die wettige wenner van die presidentsverkiesing en ontken dat die verkiesing beknoei is – soos Ahmadinedjad se teenstanders tot dusver aangevoer het.

“As daar enige bloedvergieting is, sal die leiers van die betogings direk aanspreeklik gehou word,” het Chamenei gesê in sy eerste toespraak aan die volk sedert die protes begin het.

“Die uitslae van die verkiesing kom uit die stembus, nie uit die straat nie,” het die geestelike by die Universiteit van Teheran en die omliggende strate aan reuse-skares gesê. 

“Vandag het die Iranse volk kalmte nodig.”

Hy het gesê enige klagtes oor die verkiesing moet deur regskanale geopper word.

Mirhossein Moesawi, Ahmadinedjad se sterkste teenstander in die verkiesing, het gevra dat die uitslag nietig verklaar moet word. Daarvolgens het Ahmadinedjad byna 63% van die stemme ingeoes teenoor Moesawi se 34%.

Chamenei het gesê die vyande van Iran val die legitimiteit van die Islamitiese establishment aan deur die uitslag te betwis.

фото моторных яхтФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.