Swart mans is topverkragters

Deel op
Suid-Afrika het nie alleen 'n misdaadprobleem nie, maar gaan gebuk onder die ergste aantal verkragtings denkbaar. 'n Studie wat deur die Mediese Navorsingsraad (MNR) se geslags- en gesondheidsnavorsingsgroep onderneem is, het dit weer eens uitgelig.

Prof. Rachel Jewkes, direkteur van die MNR het gister gesê die studie se bevindings is “afgryslik”. Sy het gesê dit is effens hoër, maar nie heeltemal uit pas met wat hulle in vorige navorsing in Suid-Afrika gesien het nie.

Meer as ’n kwart van die mans wat in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal aan ’n studie deelgeneem het, sê hulle het al ’n vrou verkrag.

’n Hele klomp van hulle het dit meer as een keer gedoen, reeds in hul tienerjare daarmee begin en selfs op seuntjies en ander mans toegeslaan.

Die deelnemers aan die studie was van annonimiteit verseker want hulle het hul antwoorde dmv 'n Palm Pilot-toestel ingesleutel.

Die studie moet nog gepubliseer word, maar die bevindings is onlangs aan die regering voorgelê en Woensdag aan die media beskikbaar gestel.

Navorsers het onderhoude met 1 738 mans in drie distrikte in stedelike en landelike dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gevoer.

Hulle was van alle rasse- en inkomstegroepe, tussen 18 en 49 jaar oud en het vingerprikbloedmonsters vir MIV-toetsing gegee.

Altesame 27,6% van die mans het erken hulle het al ’n vrou of meisie verkrag en een uit 20 het dit die afgelope jaar gedoen.

’n Kwart van alle deelnemers tussen die ouderdomme van 25 en 45 is MIV-positief. Altesame 40% van al die mans tussen 30 en 39 is MIV-positief.

Die oorsprong lê in diepgewortelde opvattings oor manlikheid in Afrika en dat mans glo hulle is hoër in ’n hiërargie. Hulle glo ook hulle is seksueel geregtig op vroue en daar is weinig sprake van geslagsgelykheid of respek vir vroue sê die opstellers.

By Jacob Zuma se verkragtingsverhoor het skares buite die hof gedreunsing "brand die teef, brand die teef". Volgens Vigsaktiviste stuur dit ook die verkeerde boodskap dat die president 'n paar vroue het en voel hulle dit beklemtoon Zoeloemanlikheid ten koste van vroue.

Swart mans sê glo toenemend dat as die president baie vroue kan hê, kan hulle baie vriendinne hê.

Solidariteit het onlangs 'n verslag vrygestel waarin aangetoon word dat 88% van verkragtings nie gerapporteer word nie en dat kindermishandeling toeneem.

roulette online free moneyФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.