Duitsers beoog grootste groenenergieplan ter w?reld

Deel op
'n Duitse konsortium het 'n internasionale energieplan uitgelê van 400 miljard euro. Die gedagte is om sonenergie vanaf Noord-Afrika in te samel en na Europa te stuur. As dit werk sal dit die grootste groenenergieplan ter wêreld wees.

Die konsortium sal formeel in Julie ontmoet by Munich Re het die Süddeutsche Zeitung Dinsdag berig.

Twintig maatskappye waaronder Siemens, Deutsche Bank en energiereus RWE het ingestem om deel te wees van die inisiatief.

Die inisiatief beoog om binne die volgende twee tot drie jaar met 'n konkrete plan vorendag te kom. Die projek heet Desertec, wat water deur sonkrag, sonder dat dit te veel tegniese vernuf vereis, mbv spieëls wil verhit wat turbines sal laat draai.

Die Duitse ministerie van ekonomie asook die Klub van Rome is betrokke. Deelnemers glo die projek sal Europa van ten minste 15% van sy energiebehoeftes voorsien.

Die Duitsers hoop Italië en Spanje sal ook inkoop in die plan wat duur infrastruktuur sal benodig.

Desertec is ontwikkel deur 'n netwerk van wetenskaplikes en politici wat hulleself die Trans-Mediterreense Hernubare Energiekoöperasie noem. Die Franse sal waarskynlik nie deel wees van die projek nie omdat hulle op kernenergie staatmaak.

для банилобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.