Sielkundiges gaan op Kovsies losgelaat word

Deel op
Beeld berig dat die Universiteit van die Vrystaat se nuwe rektor graag sal wil sien dat ’n “klomp sielkundiges op die universiteit neerdaal” en die Reitz-voorval tot op die been oopvlek.

Prof. Jonathan Jansen het Donderdag by ’n konferensie oor apartheid by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg gepraat.

Hy het gesê die verhouding tussen die vier mans en die skoonmakers wat in die Reitzvideo "verneder" is, is eintlik “warm en respekvol”.

“Verskeie mense met wie ek oor die voorval gepraat het, het vir my gesê daardie seuns is eintlik lief vir die vroue. Hulle het wanneer hulle naweke huis toe gegaan het, vir die vroue groente van die plaas af gebring. Dit was ’n omgeeverhouding.”

Die video het ’n rasseherrie ontketen toe dit in Februarie verlede jaar uitgelek het. In die video word swart skoonmakers "ontgroen". Die video ironiseer die verskillende standaarde wat vir wit en swart geld en is kennelik vir die nuutaangestelde rektor 'n verleentheid wat hy deur beskuldigings van "diepgewortelde rassisme" gaan probeer besweer.

'n Mens moet glo die "vreemde verhouding" tussen die seuns en die vroue verstaan, volgens Jansen.

Dít is hoekom dit goed sal wees as sielkundiges die voorval kan ontleed, sê hy. “Dis nodig om te verstaan wát hierdie soort rassisme is én wat dit in stand hou.”

Jansen het aan Beeld gesê sy aanvanklike reaksie op die video was ongeloof. “Ek kon nie verstaan dat hulle dit doen aan ouer mense vir wie hulle omgee nie. Die rede is natuurlik dat die mense swart is.”

Dit is dus duidelik dat die sielkundiges 'n verpolitiseerde verklaring sal moet fabriseer vir Jansen se verleentheid en dat hulle nie die verskillende verwagtinge wat vir wit en swart geld onbevange sal kan ontleed nie.

Hy sê sy grootste uitdaging as die UV se nuwe rektor is om mense wat weens die Reitz-voorval "seergekry" het, met mekaar te versoen. “Wat lekker is van Kovsies is dat die oorgrote meerderheid mense ordentlik is, en siek en sat vir hierdie verdeeldheid.”

Die oorwegend wit personeel wat vir hulle brood en botter van die universiteit afhanklik is, gaan nog verder met die rasseknuppel bygekom word met die voorgestelde sielkundige "verslag" om in te val by Jansen se ideaal van rassegelykheid.

Jansen glo die universiteit sal binne drie tot vier jaar "op die wêreldkaart wees".

how to play cludoОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.