Apartheid was ‘natuurlik’

Deel op

Image

‘n Slegs-blankesbordjie (in drie tale) op die Durbanse strand

Apartheid het gedy vanweë die gedagte dat dit natuurlik was en vanweë 'n "emosionele afstand" met betrekking tot die gevolge daarvan, het 'n konferensie oor die "Apartheidsargief" gister verneem.

"Ek voel angs. Betreffende apartheid moet ek noodwendig met die stem van 'n omstander, 'n begunstigde en ook by tye 'n apartheidsagent, praat.
Deel op

"Dit maak my ongemaklik. Maar, dit is 'n werklikheid wat ek in die oë moet kyk," het professor Gillian Straker gesê in 'n aanbieding met die titel: "Ek praat as 'n blanke".

Straker, wat in die Grootsaal van die universiteit van die Witwatersrand gepraat het, het 'n eerlike, self-kritiese perspektief op haar eie ervaring van apartheid verskaf, in 'n poging om te verstaan waarom die stelsel so suksesvol was.

Sy het vrae gevra oor die "sielkundige meganismes" wat toegelaat het dat dit voortduur en groei, maar wat ook die ondergang daarvan veroorsaak het, asook dít wat apartheid in die hede handhaaf.

Die verhale van blanke Suid-Afrikaners moet vertel word, het sy in die opsomming van haar referaat gesê, nie bloot ter wille van die rekord nie of om kwessies van kollektiewe skuld aan te spreek nie, maar om te verstaan waarom blankes "nie net rassisme verinnerlik het nie, maar ook uitgedruk het".

 

'Natuurlike orde'

Die stelsel, wat die inwoners van Suid-Afrika na rasseverdelings polities, ekonomies, geografies en sosiaal geskei het, is toegelaat om te gedy omdat die gevolge daarvan vir slagoffers "vanuit die bewustheid van die daders geweer is".

Die apartheidsbewind het die ordening van die samelewing na rasseverdelings as 'n "natuurlike orde" voorgestel. Sy het dit met behulp van die instelling van die huisbediende verduidelik.

"Dis 'n instelling wat binne die intiemste van ruimtes die grondslag vir die maklike aanvaarding van eerste- en tweedeklasburgerskap as 'n feit van die lewe gelê het."

Straker het beskryf hoe die skande vir blanke Suid-Afrikaners onder apartheid tweeledig was: "Op die sosiale vlak het skande aan diegene gekleef wat die natuurlike order verbreek en swartes as hul gelykes behandel het. Op 'n persoonlike vlak is skande en skuld ervaar toe dissasiasie misluk het."

Dit het plaasgevind toe blanke Suid-Afrikaners bewus van die gevolge van die stelsel vir slagoffers geraak het.

"Toe die gevolge erken is, moes aandadigheid ook erken word en 'n onvleiende selfbeeld omhels word," het sy gesê.

 

'Geestelike apartheid'

Sy het bygevoeg dat, terwyl apartheid iets van die verlede was, geestelike apartheid steeds voortduur.

"Ek moet erken dat daar tye is wanneer ek rassisme in myself ontdek. Ek verafsku en verwerp dit en probeer dit met wortel en tak uitroei. Nietemin is daar iets in my vasgelê wat my inhibeer selfs wanneer ek poog om dit nie te huisves nie," het sy gesê.

Straker het gesê dat sy waarskynlik nie die enigste met dié gevoel was nie, aangesien "rassisme die water was waarin vele van ons… vir jare geswem het."

Sy het beskryf hoe sy in haar twintigerjare 'n nuwe wêreldbeskouing gevind het, in teenstelling met die "natuurlike orde", en hoe "noodsaaklik" dit was om hierdie nuwe wêreldbeskouing deur ander beaam te kry.

"Daarom was dit die geval dat sowel die ervaring van 'n alternatiewe werklikheid, en die openbare bevestiging van hierdie werklikheid nodig was om die uitsluiting van die vernietigende gevolge van apartheid op diegene wat langs my leef te beëindig terwyl ek steeds 'n begunstigde van die boosheid daarvan gebly het."

Straker het nie vertoef om die vreugdevolle nuwe Suid-Afrika te ervaar nie, maar het verkies om na Australië te emigreer. Sy is tans professor in sielkunde en sielkundige medisyne in die fakulteite van wetenskap en sielkundige medisyne aan die universiteit van Sydney, asook 'n besoekende professor aan die universiteit van die Witwatersrand.

Die konferensie – wat deur die skool vir menslike en gemeenskapsontwikkeling en die fakulteit vir geesteswetenskappe aan die universiteit van die Witwatersrand gehou is – maak deel uit van die "apartheidsargiefprojek".

Onder die tema "om die apartheidsargief in die oë te kyk", is die konferensie 'n eerste stap na "die onthou van die verlede en die besinning oor sy voortdurende gevolge op die huidige Suid-Afrikaanse samelewing".

Die projek is 'n internasionale navorsingsinisiatief wat na die ervarings van "gewone" Suid-Afrikaners onder apartheid kyk, asook die gevolge van daardie ervarings vir hul huidige samelewingsgedrag.

гофра для отвода выхлопных газов генератораданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.