ANC gaan nie wit grond vat nie

Deel op
Die regering het geen voorneme om wit, kommersiële boere van grond te ontneem nie, het die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Tina Joemat-Pettersson Donderdag gesê.

“Sonder georganiseerde landbou, is vooruitgang in die landbou van die land nie ’n moontlikheid nie,” het sy tydens ’n mediakonferensie in die parlement gesê.

“’n Mandaat is aan ons gegee om van ’n invoerder na ’n netuitvoerder van voedsel te verander,” het sy gesê.

“Dit sal bepaal hoeveel kommersiële plase ons benodig. Dit sal nie moontlik wees om ’n uitvoerder te word uit bestaansboerdery nie. Ons benodig kommersiële landbou vir die proses. Ons moet met kommersiële landbou werk. Ons het geen keuse nie. En die welwillendheid bestaan. Hoekom gebruik ons dit nie? Ons is almal patriotiese burgers van die land. Die President sê daar is plek vir almal in die land. As ons nie saamwerk nie, draai ons teen ons eie beleid. Daarom sal ons nie wit kommersiële boere van hul grond verjaag nie.”

Haar departement sal saam met die departement van grondsake werk om genoeg grond vir kommersiële landbou te verseker.

Die regering is besig om die landbou-unies, naamlik AgriSA, die Nasionale Afrika Boere-vereniging en die Transvaalse Landbou-Unie nader aan mekaar te bring vir nouer samewerking met die ministerie.

Sy het ook gesê sy is van mening dat die verhouding tussen kommersiële landbou-unies, georganiseerde-landbou en die nuwe, ontwikkelende landbou-unies is misgekyk en moet verbeter.

play cluedo online for free no downloadФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.