Krugerstandbeeld bly

Deel op
ImageDie Vryheidsfront Plus het ‘n verslag van die Tshwanemetroraad se burgemeesterskomitee verwelkom waarin vermeld word dat ‘n beplande standbeeld van Nelson Mandela nie op Kerkplein in Pretoria opgerig sal word nie, maar eerder by die Ou Sinagoge-perseel nie ver daarvandaan nie.

Kerkplein was volgens die verslag een van tien moontlike staanplekke van die standbeeld, maar daar is na ‘n evaluasieproses besluit dat die plein nie geskik daarvoor is nie.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, was die VF Plus bekommerd oor die feit dat Kerkplein as ‘n moontlikheid ingesluit is, veral in die lig van vorige uitsprake deur ANC-raadslede dat Paul Kruger se standbeeld mettertyd uit Kerkplein verwyder moet word.

Die Ou Sinagoge is ‘n meer gepaste staanplek vir die standbeeld omdat die verhore van hoogveraad van 1958 tot 1963, waarin Mandela self tereggestaan het, by die Ou Sinagoge plaasgevind het.

Beide Paul Kruger en Nelson Mandela word deur onderskeie dele van die Suid-Afrikaanse bevolking as vryheidsvegters beskou en dit is daarom volgens die VF Plus gepas dat die een standbeeld nie in opposisie tot die ander een opgerig word nie.

брюки на флисе для мальчика купитьФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.