VF+ vra ondersoek oor volkslied

Deel op
Die VF Plus gaan die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en die Pan-Suid Afrikaanse Taalraad vra om ondersoek in te stel na die sensurering van die volkslied tydens die openingseremonie van die Konfederasie Bekerkompetisie, Sondag.

Die party het verskeie klagtes ontvang van lede van die publiek wat ontsteld is oor die feit dat die organiseerders van die openingswedstryd slegs ‘n verkorte weergawe van die volkslied uitgesaai het, waarin die Afrikaanse deel van die Stem spesifiek weggelaat is.

Die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Sport, Willie Spies, het in ‘n verklaring gesê die volkslied is ‘n nasionale bate wat op ‘n treffende manier erkenning gee aan al die land se taal- en kultuurgroepe.

 
“Dit is onaanvaarbaar dat die erkenning wat aan die Afrikaanse erfenis gegee word in ‘n belangrike nasionale simbool soos die volkslied op die manier by ‘n internasionale geleentheid misken is. Daar behoort vasgestel te word of die voorval geïsoleerd was en reëlings behoort getref te word om ‘n herhaling van die gebeure te voorkom.”

свет италиялобановский александр дочь

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.