Hoeveel slapies nog voor die wolf op ons is?

Image

Met verwysing na Pieter du Toit se artikel in Beeld oor die ANC se bloudruk vir Suid-Afrika: As hierdie feite nie die wittes – dit wil sê, dié wat ’n kapitalistiese, demokratiese Westerse beskawingskultuur aanhang – laat wakker skrik oor hoe laat dit in die dag is om te begin saamstaan nie, dan weet ek nie.

’n Mens verbaas jou daaraan dat die ANC se beleid van ’n nasionale demokratiese revolusie (NDR) nog nie ’n teenrevolusie onder blankes aangestook het nie. Want in effek is dit die doodsvonnis van blankes. Of word die NDR lánkal net so passief en skouerophalend aanvaar soos die meeste ander lewensbedreigende werklikhede van die dag? Is dit al ou nuus, gaap-gaap? So vanselfsprekend soos die son wat môre opkom?

Of is Du Toit die eerste wat die NDR verstaanbaar vir die volk in ’n Afrikaanse koerant verduidelik? Siende dat Tim du Plessis nou dié soort beriggewing toelaat omdat hy nie meer ’n Afrika-optimis is nie?

Blykbaar is die NDR nie ’n geheime meesterplan wat deur pro-wit spioene onthul is nadat hulle die kommunistiese binnekringe van die ANC oor jare met groot lewensgevaar binnegedring het nie. Uit die Beeld-artikel lei ’n mens af dat die dokument Strategy and tactics, waarin die NDR stap vir stap in resolusies uitgespel word, vryelik bekombaar is.

Die NDR is ook nie in Nostradamus se kode geskryf nie. Nee, dit word baie duidelik gestel, swart op wit, wat die oogmerke is:

  • die algehele “suiwering” (uitwissing) van Suid-Afrika se “koloniale verlede” (dit wil sê, alles wat werk, alles wat wit is, alles Westers, beskaafd en kapitalisties)
  • die snoer van die media se mond
  • die infiltrering van die regbank deur “voldoende amptenare” (ANC-kaders) sodat dit “lojaal” is aan die ANC-ideologie, dit wil sê, ondergeskik en gedienstig
  • die infiltrering van elke regeringsvorm en gesagsliggaam, van heel bo tot heel onder, deur ANC-kaders
  • staatsingryping in elke aspek van die samelewing, van die ekonomie tot die samestelling van sportspanne, van die aanstelling van onderwysers tot die taal in klaskamers
  • die uitwissing van die kapitalisme en die inwerkingstelling van die kommunisme en sosialisme, wat onder meer die nasionalisering van private grond en eiendom behels
  • die gebruik van die getalle-hefboom (swart massas) om besluite deur te druk
  • die aanpassing van die Grondwet – wat in die eerste plek net as paai-meganisme ingestel is –

In die lig van bogenoemde kan ’n mens die verdeeldheid in Afrikaner-geledere oor dr Pieter Mulder se aanvaarding van die amp van adjunk-minister van landbou begryp. Die ANC se NDR moet tog aan hom bekend wees. Nugterdenkende Afrikaners weet: ’n Jakkals verander van hare, maar nie van streke nie. ’n Luiperd kan nie sy kolle verander nie. Die ANC-SAKP-Cosatu-alliansie het oor dekades baie gedaantes en dekmantels as “bevrydingsbewegings” gehad, maar het nog nooit van sy oorspronklike doelstelling afgesien nie, naamlik die uitwissing van die blanke kultuur aan die voet van Afrika, en die vestiging van Azanië, ’n swart kommunistiese staat, in die plek daarvan.

Een vir een word die resolusies van die nasionale demokratiese revolusie, soos vervat in Strategy and tactics, in werking gestel en deurgevoer. Twee voorbeelde: die ontbinding van die Skerpioene en die afskaffing van die Springbok as alleen-embleem van die nasionale rugbyspan. om die oogmerke van die NDR deur te voer

Voor ons oë gebeur dit: Die omstrede Regter-president van Kaapland, John Hlophe, is in die beskuldigdebank oor die manipulasie en beïnvloeding van die regbank, onder meer ten gunste van Jacob Zuma, maar die hoofkandidaat vir die vakante pos van hoofregter. Sy aanstelling word bepleit deur Paul Ngobeni van die Universiteit van Kaapstad, wat volgens ’n berig in Rapport “in ’n ongekende stap ’n artikel in die weekblad die Mail & Guardian gepubliseer het oor waarom Hlophe hoofregter moet word”. Dis die einste Ngobeni wat Jacob Zuma met sy slim tegnieke en taktieke uit die tronk gehou het. Die einste Ngobeni wat Hlophe in sy vele hofstryde adviseer. Wie stel die nuwe hoofregter aan? Niemand anders nie as Jacob Zuma.

Die nuwe Minister van Justisie, Jeff Radebe, sorg dat die Regterlike Dienskommissie nie voortgaan met onderhoude vir die vul van talle vakante poste in die Appèlhof en hooggeregshowe nie. Dit verg nie veel verbeelding om te besef dat daar agter die skerms gekonkel word sodat die “regte” kandidate in die vakante hoë regsposte aangestel word nie.

Een van die dae word die Grondwet aangepas sodat die regering “in landsbelang” op elke regeringsvlak kan inmeng. Wie gaan bepaal wat “landsbelang” is? Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC, natuurlik, in navolging van die oogmerke van die NDR.

Helen Zille met haar DA-regering in die Wes-Kaap is een van die groot struikelblokke in die pad van die ANC se algehele “transformasie” van die land. ’n Mens kan voorspel dat ’n genadelose “totale aanslag” op haar geloods gaan word en dat “in landsbelang” in die Wes-Kaapse regering ingegryp gaan word. ’n Mens hoef nie ’n Siener van Rensburg te wees om te “sien” dat Zille gelikwideer gaan word nie, letterlik of figuurlik. ’n Mens hoop sy is geestelik baie sterk, haar lyfwagte is paraat en dat sy kennis geneem het van die vergiftigde regter.

Terloops, een van die oogmerke van die NDR is om die “verterende uitspattighede” van die kapitalisme te “vernietig” sodat die “eienaarskap van produksiemiddels demografies weerspieël word”. Dat die hele ANC-gesagstruktuur die “verterende uitspattighede” van die kapitalisme geniet, en dat die werkers met minder as ooit tevore tevrede moet wees, pla die gewetenlose kommunistiese uitbuiters, volgelinge van die wêreld se grootste moordenaars van hul eie volke, geensins nie.

Hoeveel tyd moet Zuma gegun word om sy “goeie bedoelinge” te bewys? Hieroor debatteer baie mense. Die “redelikes” en “rasioneles” sê: “Kom ons gee hom ’n kans.” Maar of hy ’n kans gegun moet word of nie, en of hy opreg is in sy toenadering tot die Afrikaner of nie, feit bly staan dat Zuma GEEN sê oor ANC-beleid het nie. Hy is bloot ’n pion, soos elke ander ANC-kader. Sy enigste funksie is om die NDR in werking te stel.

Zuma is die praatpop van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC, die “welwillende” Zoeloe-gesig wat die regte geluide moet maak, wat die Afrikaner se ego moet streel en sus.

Hoeveel slapies voor die wolf op ons is?

сопло для пескоструя

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.