Egipte vra Nefertiti terug

Deel op
Image

Die borsbeeld van Nefertiti

Egiptiese owerhede sal binnekort getuienis voorlê dat die borsbeeld van Nefertiti wat 3 400 jaar oud is, onwettig deur Duitsland uit die land geneem is, het Egipte se hoof van antikwiteite Zahi Hawass Sondag gesê.

"Ons amel nog steeds inligting in, maar ek verwag dat ons binnekort genoeg sal hê om 'n formele versoek aan die Berlynse museum sal kan rig om die borsbeeld terug te vra," het Hawass an die Duitse koerant, die Tagesspiegel in 'n onderhoud gesê.

Die beroemde borsbeeld van Nefertiti, bekend as een van die land se groot skoonhede, is in 1913 na Berlyn gebring, 'n jaar nadat die Duitse argeoloog Ludwig Borchardt dit langs die oewer van die Nyl uitgegrawe het.

Kaïro het reeds vanaf die dertigerjare, met Adolf Hitler se bewind, gevra dat die beeld teruggegee word en daarna aan opeenvolgende Duitse regerings, maar die versoek is deurentyd geweier.

"Daar is skynbaar nie enige dokumente wat bo alle twyfel bewys dat dat Nefertiti Egipte op 'n wettige manier en bo alle etiese verdenking verlaat het nie. Ek dink ons het goeie argumente vir haar terugkoms,"het Hawass gesê.

Hawass het gesê daar sal geen samewerking met Berlyn se nuwe museum wees totdat die probleem opgelos is nie. Die museum sal die borsbeeld uitstal wanneer dit in Oktober vir die publiek open. Nefertiti is voorheen in Berlyn se Egiptiese museum tentoongestel waar sy ongeveer 'n halfmiljoen besoekers per jaar gelok het.

"Wat van ons gesteel is, moet terugbesorg word en dit sluit vyf stukke in waaronder Nefertiti wat uniek aan ons kultuur is," het Hawass gesê.

Duitse owerhede het glo aangedui dat hulle nie onwillig sal wees om te oorweeg of die beeld tydelik na Kaïro kan gaan nie, maar daar is kwellinge of die beeld sterk genoeg sal wees om die reis te oorleef.

купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.