Iranse leier teen ‘w?reldonderdrukking’

Deel op
Mahmoud Ahmadinejad het gister gesê sy herverkiesing is ’n slag vir “wêreldonderdrukking”. 

Op sy eerste mediakonferensie sedert hy Vrydag herverkies is, het hy volgehou Teheran se omstrede kernprogram is iets van die verlede.

Oor die protes oor sy herverkiesing het hy gesê ’n verkiesing is soos ’n voetbalwedstryd en die verloorspan moet dit net aanvaar. “Die feit dat sommiges betoog en die uitslag bevraagteken, is natuurlik. Hulle was voorbereid op ’n oorwinning en dit ontstel hulle,” het hy gesê.

Sy sterkste teenstander, Hossein Mousavi, se ondersteuners het Teheran se strate ingevaar om te protes aan te teken omdat die verkiesing volgens hulle gemanipuleer is.

Die polisie moes Sondag vier of vyf skote in die lug skiet om oproeriges in sentraal-Teheran uiteen te jaag. 

купить белую рубашку для мальчикаданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.