Die berg skuld van die SAUK is groter as wat voorheen vermoed is. Supersport word reeds byna R100 miljoen geskuld sê dië wat kennis dra binne die uitsaaier.
Nie net klein onafhanklike produksiehuise kry swaar nie, maar groter spelers in die bedryf ook. Die R100 miljoen wat die SAUK aan Supersport skuld is meestal vir PSL-wedstryde asook krieketuitsendings. Die belanghebbendes wou nie uitbrei oor die aard van die ooreenkomste tussen die SAUK en betaaltelevisie nie.
Blykbaar sal die SAUK die skuld vereffen as hulle 'n hulppakket van R2 miljard van die regering ontvang. Maar die hulp gaan nie gou opdaag nie omdat regeringsamptenare eers met die SAUK wil vergader om maniere te vind om die "uitdagings aan te spreek".