Waarom is daar universiteite in Mzansi?

Deel op

ImageDie vraag in die titel hiervan is eintlik belaglik, nie waar nie? Enige mens met meer as twee breinselle sal antwoord dat 'n universiteit daar is om tersiêre opleiding te verskaf en om navorsing te doen.

Daardie siening is egter vanuit 'n eurosentriese perspektief en spreek van diepe rassisme aan die kant van diegene wat só 'n mistasting huldig.

Deel op

Suid-Afrikaanse universiteite het 'n heel ander bestaansrede. Daardie groot Marxistiese intellektueel, dr. Blade Nzimande, stel dit onomwonde: Mzansi se universiteite is in werklikheid religieuse instansies wat daar is om offerandes te bring aan die altaar van die god Transformasie.

 

Dit help dus g'n jy kry 15 onderskeidings in matriek nie. As jy nie getransformeerd is nie, jammer, boet, kry jy nie 'n plek in die mediese fakulteit nie.  Jy kan as navorser kennelik geweldige deurbrake maak op die gebied van kwantummeganika en die Nobelprys vir fisika wen, maar o, wee, as jy nie getransformeerd is nie, soek Blade jou nie in 'n Mzansi-universiteit nie.

 

Wat beteken dit in die praktyk om getransformeerd te wees? Kom, ek gee jou 'n wenk. As jou melanienvlakke te laag is, is jy bes moontlik nie getransformeerd nie. Is jou velkleur wel te lig, kan jy nietemin moontlik tog op jou gatvelle deurskuur. Dis mits jy 'n onberispelike struggle-verlede het soos 'n wafferse Cheeky Watson (tot ereswarte verklaar), of 'n Black Sash-lid en Rand Daily Mail-joernalis was soos ’n Helen Zille. Slegs dan kan jy moontlik toelating verkry, maar slegs as jy elke dag die heilige kategismus van transformasie minstens 70 maal in Engels herhaal, en bevestig hoe gekant jy teen Afrikaans en rassiste is.

 

Dit is egter diegene wat aan die dubbele gestremdhede van lae pigmentasie en Afrikaans as moedertaal ly, wat per definisie ongetransformeerd is. Dis juis húlle wat etnies gereinig moet word uit universiteite, volgens kameraad Blade. Transformasie en Afrikaans is immers lynregte teenstrydighede. Die twee kan eenvoudig nie sy aan sy bestaan by dieselfde akademiese instansie nie.

 

Soos Latyn voorheen die taal van die Roomse kerk was, is Engels die amptelike taal in die Kerk van Transformasie. Geen akademikus, geen universiteit, geen student kan waarlik daarop aanspraak maak dat hy getransformeerd is, as hy nie sy geloofsbelydenis in Engels aflê nie.

 

Siende dat Mzansi se universiteite se fokus sedert 1994 verander het na een van transformasie, is dit weliswaar goeie nuus vir heelwat studente en personeel. Verby is die dae toe toelatingsvereistes soos goeie matriekuitslae, ongerieflike eksamens, 'n aandrang op die wetenskaplike metode en ander rassistiese, neokoloniale praktyke op die arme studente en dosente afgedwing is. Halleluja!

 

In Mzansi se universiteite sal daar dus genadiglik van nou af ander kriteria geld. Studente en dosente sal gemeet word aan hoe getransformeerd hulle is. Daag jy by die hekke van 'n kampus op met 'n donker gelaat en praat jy met die sekerheidswag Engels, gaan direk na die Admingebou en gaan haal vir jou 'n cum laude-graad, indien nie 'n pos as dosent nie.

магазин игрушкаФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.