‘Afrikane kom uit die bos’

Deel op
Image

Op die kolonel se bors…

Die een was onlangs weer die nuus oor 'n foto waar hy saam met vroue in onderklere baljaar en die ander omdat hy met 40 vroulike lyfwagte reis. Maar die foto aan die Libiese leier se bors vasgespeld toe hy van sy Airbus, een van die drie wat saamgekom het met sy 300-sterk entourage belaai, afklim om Silvio Berlusconi se hand te skud, moes opnuut die Italiaanse premier se moed in sy skoene laat sak het.

Moeammar Ghadaffi het naamlik 'n foto van die Libiese weerstandsleier Omar Mukhtar, bekend as die "Leeu van die Woestyn", wat deur Italiaanse kolonialiste in 1931 opgehang is, groot op sy bors aangespeld gehad vir die geleentheid van sy staatsbesoek aan Italië.

Alhoewel verhoudinge tussen die twee lande verbeter het nadat Berlusconi ingestem het om verskoning te vra vir Italië se koloniale verlede en $5 miljard se vergoeding betaal het, is nie almal in Italië bly oor die besoek nie. Menseregteaktiviste is gekant teen Ghadaffi se instemming om voornemende immigrante wat deur Italiaanse seepatrollies onderskep word, terug te neem in Libië.

Ghadaffi het Woensdag ontken dat die ooreenkoms met Italië die voornemende asielsoekers daarvan weerhou om vir bekerming te vra. Sy uitlating het sy gasheer, wat nie terugdeins vir politiek inkorrekte stellings nie, sigbaar ongemaklik gelaat.

"Dis nou een van die leuens wat rondgaan," het die kolonel na afloop van sy ontmoeting met Berlusconi aan die media verklaar. "Afrikane het nie probleme met politieke asiel nie. Mense wat in die bos woon en dikwels in die woestyn, het nie politieke probleme nie. Hulle het nie opposisies, of meerderhede, of verkiesings nie.

Die Libiese leier, voorsitter van die Afrika-Unie, het gesê net mense wat in stede woon weet sulke dinge. "Afrikane het nie eens 'n identiteit nie. En daarmee bedoel ek nie 'n politieke identiteit nie; hulle het nie eens 'n persoonlike identiteit nie. Hulle kom uit die bos en hulle sê: 'In die noorde is daar geld en daar's rykdom…en dan gaan hulle Libië toe, en vandaar na Europa'".

Volgens die VN kom 'n buitengewoon groot aantal migrante wat van oorloë en chaos vlug deur Libië na die EU. Ghadaffi was egter ferm: "Asseblief, moenie hierdie besigheid van politieke asiel ernstig opneem nie. Die idee dat hulle almal asielsoekers is, laat 'n mens soms lag."

playОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.