Wie het res van Afrika verarm, Mamphele?

Deel op
Die Afrika-blaamkultuur staan nog sterk in Suid-Afrika. So pas het die vorige amptenaar van die Wêreldbank, Mamphele Ramphele, ‘n uitspraak aan die Universiteit van Kaapstad gemaak dat "mense onder apartheid opsetlik verarm is" en indien "ons dit nie aanpak nie, moet ons nie verbaas wees as daar woede en brutaliteit op ons strate is nie".
Deel op

Ramphele se stelling bevat twee elemente: ‘n aanname (apartheid het mense opsetlik verarm) en ‘n dreigement (as daar nie herverspreiding van rykdom of "kompensasie" plaasvind nie, gaan daar geweld wees). Haar uitspraak kan ook gelees word as ‘n verklaring vir die anargie en geweld wat sedert 1994 in die land heers en wat Suid-Afrika bo-aan Interpol se lys vir moord en verkragting geplaas het.

Ramphele se "statuur", indien mens dit so kan noem, berus op die feit dat sy die vermoorde Steve Biko se minnares was. Biko self was ‘n swart nasionalis waarvan sommige onderhoude met die BBC byvoorbeeld op die internet te vinde is. Daarin openbaar hy hom as ‘n tipiese Afrosentris wie se denke nie te ver van Robert Mugabe s’n verwyder was nie.

Vir iemand wie se "groot intellek" intussen ten hemele aangeprys is, is dit nogal verbasend dat hy homself nie behoorlik in Engels kon uitdruk nie. Miskien het hy beter Xhosa gepraat.

Hoe dit ook al sy, Ramphele se "deskundige" mening oor apartheid sal nie die toets van koue logika deurstaan nie.

In die eerste plaas: waarom sou die vorige NP-regering mense in die land "opsetlik wou verarm"? Sodat hulle minder belastings kon in, meer internasionale kritiek kon ontlok of sommer net omdat hulle bietjie mal was?

As ons na die beleid en uitsprake van die vorige bewind vanaf Verwoerd kyk, val dit op hoe hy voortdurend swart ontwikkeling as ‘n hoë prioriteit gesien het. Blykbaar is daar meer fondse aan swart ontwikkeling, hetsy in die voormalige tuislande, hetsy in die stedelike gebiede bestee as die totale som geld wat al die VN se ontwikkelingsagentskappe sedert 1945 op die Derde Wêreld uitgegee het.

Dis sekerlik waar dat swart Suid-Afrikaners gemiddeld armer as blankes is. Maar hulle vlak van kundigheid, opleiding, entrepreneurskap, ens. is insgelyks heelwat laer as dié van blankes – asook dié van Indiërs. Laasgenoemde word natuurlik ook beskou as "slagoffers van apartheid" wat tans rassevoorkeur bo blankes moet ontvang. Nietemin is Indiërs gemiddeld ryker as blankes in vyf uit die nege provinsies van Suid-Afrika!

Geen regering in die geskiedenis, behalwe miskien dié van mnr. Robert Mugabe van Zimabwe wat soveel bewondering by Suid-Afrika se swart elite afdwing, het nog ooit opsetlik sy bevolking probeer verarm nie, allermins die vorige blanke regerings in dié land.

Terwyl swartes om bepaalde en maklik verstaanbare redes armer as blankes en Indiërs is, is Suid-Afrikaanse swartes egter veel, veel ryker as hul eweknieë elders in Afrika. Iets soos 38 lande suid van die Sahara ontvang een of ander vorm van hulp en bystand, hetsy voedselhulp, ontwikkelingshulp of wat ook al. Volgens die Wêreldbank was die gemiddele BNP per kop in Afrika suid van die Sahara in 2002 presies $577,10. Hierteenoor spog Suid-Afrika met ‘n BNP per kop van $3630, dus meer as ses keer dié van die gemiddelde Afrikaland.

Indien mens Ramphele se kennelik absurde hipotese argumentsonthalwe sou aanvaar, behoort sy vir ons die vraag te beantwoord: wie het dan die mense elders in Afrika "opsetlik verarm"? Was dit die Afrikaregerings wat die afgelope veertig jaar, soortgelyk aan mnr. Mugabe, daarop uit was om soveel armoede as moontlik te skep?

Waarskynlik is die antwoord meer ingewikkeld as dit. Net so min as wat ander Afrikaleiers met opset hul lande probeer verarm het, net so min het ‘n vorige kabinetskomitee ‘n besluit geneem om Suid-Afrika se ekonomiese groei en voorspoed te probeer stuit.

Of verteenwoordig dit die jongste swartbewussynsteorie wat wil hê dat swartes beter regeerders as blankes verteenwoordig? Want as ons Ramphele se aanname aanvaar dat mense in Afrika nie rykdom en voorspoed nie, maar armoede nastreef, dan moet ons toegee dat die swart regerings elders op ons vasteland met hul $577 per kop soveel beter daarin geslaag het as Verwoerd, Vorster en P.W. Botha…

Kom ons probeer egter minder belaglik wees en ‘n ernstige politieke en ekonomiese debat voer. Afrika (en sy armes) kan net daarby baat indien mense soos Ramphele wat weens haar ervaring by die Wêreldbank van beter behoort te weet, vir ‘n slag met feite en logiese argumente kom.

Die pleidooi vir vergoeding weens apartheid is gemodelleer op die nou reeds bekende aandrang op kompensasie weens slawerny wat ook tydens die VN se Wêreldkonferensie teen rassisme in 2001 geopper is. Die wêreld het dit herken en afgewys vir wat dit is: maar net nog ‘n variasie van die bakhandsaluut waarvoor Afrika so bekend is.

{mos_mb_discuss:13}

Накладные светильникиФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.