Honde-aanval draai by Portugese konsulaat

Deel op
Die voorval waar Herman van Coller en sy broer wat hulle honde op Jose Ferreira losgelaat het omdat hulle gedink het hy is swart, het nou in 'n diplomatieke herrie ontaard. Die gebrek aan polisieoptrede het die Portugese Konsulaat glo woedend.

Die aanval het op die Van Collers se plaas Hekpoort naby Delmas in Mpumalanga, plaasgevind op 12 Mei, nadat Ferreira se vragmotor vroeg die oggend daar sonder diesel gaan staan het.

Nadat hy om hulp gaan aanklop het, het die eienaars hulle honde op hom losgelaat. 'n Klag van poging tot moord is teen die broers aanhangig gemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die broers het glo gesê hulle het gedink hy is 'n "kaffer".

Die Portuguese konsul-generaal Carlos Pereira Marques het die insident as "skokkend" beskryf en die aanval as "brutaal" en die hoop uitgespreek dat die regstelsel sy gang sal gaan.

Die gesin het nie geld vir behandeling en berading nie en die konsulaat staan Ferreira nou by.

Die Ferreira's het hulle besigheid in Jeppestown in 2004 toegemaak toe Ferreira geskiet en beseer is in 'm rooftog. Hulle probeer nou oorleef van die verkoop van lekkers en koekies.

Delmas se polisiewoordvoerder Ntombifuthi Mashiane het aan The Star gesê die ondersoek is afgehandel en die staatsaanklaer sal teen die einde van die week 'n besluit neem.

Die plaaslike ANC-tak is ook ontstoke omdat insidente waar honde op mense losgelaat word glo dikwels voorkom.

пуско зарядное устройство купитьлобановский александр игоревич харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.