Weg met Lindt!

Deel op
ImageDie Switserse kwaadwilligheid wat deur die jongste uitlatings van St Gallen se boudirekteur ene me Beery, gedemonstreer word, moet met mening beantwoord word. Beery se valse uitlatings oor Paul Kruger is 'n openlike aanval op Afrikaners.

Daarom behoort Afrikaners sonder versuim alle Switserse produkte te boikot.

Slaan waar dit die seerste maak: Sjokelade. Hou dadelik op om die handelsmerk Lindt te koop en vra die supermarkte om die produkte te verwyder omdat die kwaliteit daarvan veel te wense oorlaat.

 
Daar is klaarblyklik reeds van die plakke sjokelade asook hasievorms en Kersvadervorms wat verouder is en 'n vreemde smaak ontwikkel het, maar ten duurste aan kopers aangebied word deur die ondersteuning van herhaaldelike TV-advertensies.
 
Ons is nie Switserland se ou sjokeladeasblik nie. Weg met Lindt! 
 
Messe waaronder Victorinox, Felco en Rubis behoort geboikot te word.

Ook alle horlosies soos IWC, Omega, Zenith, Longines, Oris, Zeno, Jaeger, TAG en Swatch.

online casino roulette freeтопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.