Zille bekook plan vir armes

Deel op
Helen Zille se plan om spesiale ekonomiese sones op te rig om werk te skep is met skeptisisme deur die ANC en die Kaapstadse Kamer van Koophandel begroet. Haar plan behels die skepping van uitvoersones wat aan beleggers die geleentheid sal bied om teen verminderde tariewe te opereer.

Sy het vroeër dié maand in haar premiersrede aangedui dat sy só 'n stap beoog. Sy het gesê beleggers is nie vyande van die armes nie, maar moet geleenthede gegun word om nie aan bande gelê te word deur moeilike wette en oormatige regulering nie. Sodoende kan arbeiders wat nuut tot die mark toetree 'n kans kry om ekonomies produktief te word.

Die ANC se Garth Strachan het gesê sy party sal die sones teenstaan. Hy het gesê sulke sones het nêrens elders gewerk nie want beleggers vra meer aansporingsmaatreëls terwyl werkers se regte vertrap word.

Albert Schuitmaker van die Kaapstadse Kamer van Koophandel het gesê minder as 40% van vryehandelsones is suksesvol. Hy het gesê sulke sones moet naby 'n groot afsetgebied geleë wees om suksesvol te wees.

"Met Suid-Afrika is die potensiële mark Afrika suid van die Sahara, maar dit het nog nie werklik vrugte afgewerp nie," het hy gesê. Hy het bygevoeg dat navorsing nodig is om vas te stel wat die voorwaardes is om sulke sones op te rig en die redes waarom hulle suksesvol is.

Zille het gesê die grondwet gee uitvoerige magte aan die provinsies.

"Ons moet wys dat ons beleggersvriendelike beleid beter geleenthede vir die werkloses bied. Die armes weet dit reeds. Dit is waarom hulle in sulke aansienlike getalle hierheen trek."

купить тамбов компрессоры, пневмолинииАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.