Paul Kruger se dae as 'n vryheidvegter is vir goed verby, ten minste in Switserland.
Die Boereleier wat die Britte die stryd aangesê het vir die beheer van die noordooste van Suid-Afrika, het sy erestraat Maandag in die Switserse stad van St Gallen verloor.
In 'n seremonie wat deur Suid-Afrikaanse diplomate bygewoon is, het die boudirekteur Elisabeth Beery "Kruegerstrasse" as "Duerrenmattstrasse" herdoop. Friederich Duerrenmatt was 'n moderne Switserse dramaturg.
Beery sê die verandering is 'n poging om rassisme te verwerp.
Kruger, waarna die goue Krugermunte ook vernoem is, het glo volgens die boudirekteur deelgeneem in die slagtings van swart Suid-Afrikaners en het deurentyd in sy lewe na hulle as "barbare" of erger verwys. Sy idees het, volgens Beery, latere apartheidsleiers inspireer.
Kruger is in Clarens, Switserland, oorlede in 1904.