Eskom se kapitaalbehoeftes 10 keer groter

Deel op

Eskom se kapitaalbehoeftes het 10 keer groter geraak die afgelope vyf jaar, van R11 miljard na R104 miljard in 2010, het Jacob Maroga Maandag gesê.

Daar is 'n groot tekort in hulle finansies selfs nadat die regering se befondsing en lenings ingereken word en dit verduidelik die instelling se interimaansoek om 'n tariefverhoging van 34% wat uit die verbruiker se sak moet kom.

Maroga het by die Nasionale Energiereguleerder van SA in Pretoria gepraat by 'n tweedaagse openbare sitting oor die aansoek om tariefverhoging.

Eskom het aansoek gedoen om 'n verhoging in die huidige finasiële jaar en beplan later die jaar 'n verdere verhoging om die balans van die driejaarprysmodel aan te vul. Maroga het gesê dit sal 'n interimoplossing wees, aangesien daar nog nie finaal op 'n befondsingsmodel besluit is nie.

Die model "sal die behoefte aan 'n ekwiteitsinspuiting van die regering en lenings van beleggers asook tariefverhogings balanseer", en sal teen September 2009 gereed wees. Daarna sal Eskom vir nog 'n verhoging aansoek doen.

Eskom het na indringende vrae van Nersa gesê hulle het nie "duidelike oplossings" vir die impak wat die voorgestelde verhogings op die armes sal hê nie, maar het dialoog voorgestel as 'n probleem opduik.

Solidariteit en die Intensiewe Energieverbruikersgroep het die hoë kostes van die semistaatsinstelling bevraagteken in hulle gedetailleerde aansoek. Kaapstad en die Nelson Mandela-munisipaliteit het die aansoek teengestaan omdat hulle meen dit is onregmatig.

Advokaat Graham Richards van die Nelson Mandela Bay Munisipaliteit het gesê Eskom ondermyn wetgewing omdat Nersa 'n statutêre liggaam is wat administratiewe besluite neem en nie die mag het om oor onwetmatigheid te beslis nie.

Deur die interimtariefverhoging toe te laat sal munisipaliteite blootgestel word aan litigasie omdat Eskom nie by tysbepalinge gehou het nie en ook nie genoegsame redes verskaf het om die stygings te regverdigsoos die wet vereis nie.

Die Kamer van Mynwese het gesê Eskom se aansoek om tariewe te verhoog, is vaag. Cosatu het ook die aansoek verwerp. Hulle industriële beleidskoördineerder, Jonas Mosia, het aangedui dat meer as 208 000 werkers hulle werke verloor het agv die finansiële krisis en "nou moet die armes die las van hoër elekrtisiteitstariewe dra".

Solidariteit het Eskom versoek om na hulle twee grootste kostes te kyk naamlik steenkool en personeel. Dirk Herman het die instelling gevra waarom hulle kostes so "astronomies" is en voorts direk gevra dat Eskom 'n ondersoek doen "omdat daar iets verkeerd is".

Sedert 2008 het die prys van steenkool met 60% geval. Herman het 'n 12% verhoging voorgestel wat bedryfskoste sal dek, afhangend van die uitkoms van die ondersoek.

Die sitting sal Dinsdag voortgaan en Eskom sal teen 25 Junie 'n besluit neem.
купить интернет магазин украинаФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.