Ou vlag – BBRU kruip voor ANC

Deel op

Soos verwag is, het die linkse Engelse media en Naspers 'n bohaai gaan maak oor EEN ou vlag by Super 14 finaal op Loftus 30 Mei. Die BBRU het op hulle webwerf ook gister hulle gedistansieër en gesê die Bloubul Rugby unie/maatskappy keur dit nie goed nie en hul verban ou SA vlae.

Deel op

Dis net hier waar hulle hulself skuldig maak aan dubbele standaarde. Later vandeesmaand speel die Britse Leeus teen die polities korrekte Protea/ Springbokke. Wat gaan hulle met ondersteuners doen wat die Union Jack of enige ander Britse vlag wil rondswaai op Loftus? Dit gaan natuurlik toegelaat word.

Histories is die Union Jack 'n simbool van Britse heerskappy in SA. Daarmee saam die onderdrukking van die Afrikaner en ander Suid-Afrikaners op alle gebiede in die vorige eeu. So as die ou vlag en seker ook die Vierkleur as sogenaamde simbole van onderdrukking nie toegelaat word nie, hoekom dan die Britse vlae? Dis weereens gatkruipery by SA Rugby en die huidige regime.

набор детской косметикиалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.