Stellenbosch: afskeid en vertrek

Deel op

As daar een aspek deur Suid-Afrika se laaste algemene verkiesing geïlustreer is, is dit die sosio-politieke isolasie van die Wes-Kaap. Soos Natal gedurende die vorige eeu die "Last outpost of the British Empire" was, is die Wes-Kaap nou "The last outpost of British liberalism."

Deel op

Soos die Westerse wêreld toenemend ontnugter word met Westminster-demokrasie, die klas politici wat dit produseer en die sogenaamde vryemarkstelsel wat daarmee saamgaan, wil die Demokratiese Alliansie weer probeer om die liberalime "te maak werk" in Afrika.

Daarom dat die nuutste verwikkelinge aan die Universiteit Stellenbosch, waaroor die redakteur berig, my geensins verbaas nie.

Mnr. Christo van Rheede en prof. Russel Botman is maar net weer besig om die gekiedenis te herhaal, deur Stellenbosch-universiteit te gebruik as sosiologiese laboratorium. Tot die konsternasie van Naspers is dit nie om nie-rassige "Afrikaanses" te skep nie, maar bruin Engelse.

Intussen wag die Xhosas by die poorte van die Hexrivierberge en die Nigeriërs by Tafelbaai…

Het dit nie tyd geword dat die Boere maar afskeid neem van Stellenbosch en die "Cape Dutch" nie? Kom ons gebruik daardie energie om beheer te kry oor die Pretroriase munisipaliteit as 'n tree na selfbeskikking.

готовые сауныпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.