"Die departement sal 'n volledige ondersoek doen en het reeds watermonsters van tradisionele waterbronne in die gebied geneem naamlikvan die Mpheko Rivier en Phantsi Kwentabafontein, " het woordvoerder Sputnik Ratau gesê. Die uitslag sal teen Woensdag bekend wees, het hy bygevoeg.
Agt mense in die Mphekostat naby Mthatha is dood nadat hulle diarrhoea ontwikkel het en braking. Daar word vermoed dat besoedelde drinkwater dalk die oorsaak van die sterftes van die afgelope paar weke kan wees.
Gesondheidswoordvoerder van die Oos-Kaap Sizwe Kupelo sê daar was geen gevalle van cholera in die gebied aangemeld nie.
"Ek kan bevestig dat dit nie cholera is nie, omdat dit nie in die winter voorkom nie," het hy gesê.
Ratau sê departementele amptenare is na die gebied gestuur en hulle werk nou saam met die inwoners.
Die departement sal pogings in noue samewerking met die provinsie se departement van gesondheid en die OR Tambo-distriksmunisipaliteit koördineer as die waterdienstegesag in die gebied, het Ratau gesê.