Swaai na regs in Europese verkiesings

Deel op

Image

Geert Wilders van die Partij voor de Vrijheid

Die sentrum-regse Europese Menseparty het die Sosialiste bloedneus gegee in die verkiesings vir die Europese parlement wat gister plaasgevind het. Dit lyk tans asof die sentrum-regse koalisie van 74 konserwatiewe nasionale partye in Europese lande 267 setels in die Europese parlement gaan verkry, teenoor die Sosialiste se 159.

Deel op

Nasionalistiese partye het ook in vele lande opgang gemaak. In Brittanje, Nederland, Oostenryk, Denemarke, Slowakye en Hongarye het die nie-tradisionele regse partye opgang gemaak.

Mnr. Nick Griffin, leier van die Britse Nasionale Party wat deur die hoofstroommedia in die Verenigde Koninkryk as "verregs" getipeer word, het vir die heel eerste keer 'n setel in die Europese parlement verkry. Griffin het 'n setel in die Noordwesstreek van Brittanje verower en Andrew Brons het 'n tweede setel vir die party in Yorkshire en Humber verkry.

In Nederland het Geert Wilders wat nie te lank gelede nie deur Britse polisie by Heathrow-lughawe verhoed is om die land binne te gaan weens sy vervaardiging van 'n anti-Moslem-film genaamd "Fitna", nie minder nie as 15% van die stemme ontvang. Sy Partij voor de Vrijheid wat maar eers in 2006 tot stand gekom het, het binne enkele jaar van 'n nulsteunbasis tot die huidige vlak gegroei.

In Oostenryk het die party van die ontslape leier, Jorg Heider, die Freiheitliche Partei Österreichs 13% van die stemme onder sy nuwe leier HC Strache behaal.

Sosialistiese en linkse partye is oor die algemeen swaar deur die kiesers gestraf, met die uitsondering van Frankryk waar die eertydse Maoïstiese studenteleier, Daniel Cohn-Bendit, 'n Groen koalisie gelei het wat 16% van die stemme behaal het, teenoor die 28% van president Nicolas Sarkozy se sentrum-regse UMP.

Die oorwinning vir die sentrum-regse groepering in die Europese parlement, sal waarskynlik daartoe lei dat Jose Manuel Barroso, 'n konserwatiewe figuur, as president van die EU se uitvoerende Europese Kommissie mag aanbly. Dié pos vereis die goedkeuring van die Europese parlement.

Martin Schultz, die hoof van die Party van Europese Sosialiste, het die uitslag as "'n bittere teleurstelling" beskryf. "Ons het vir 'n beter uitslag gehoop. In die meeste lande het dit sleg vir ons afgeloop."

Die opkoms in die Europese verkiesing was die laagste sedert die eerste stemmery in 1979 gehou is, naamlik 41%. Kritici van die stelsel meen dat 495 miljoen burgers in die 27-lidlande van die unie vervreem van die parlement voel. Die Europese parlement word as die magtigste politieke liggaam ter wêreld, naas die Amerikaanse Kongres, beskou.

Die nasionale gevolge van die verkiesing is egter reeds in vele lande voelbaar. In Brittanje gaan die swak vertoning deur die Arbeiders tot verdere druk om te bedank op die eerste minister, Gordon Brown, lei. In Duitsland egter, is kanselier Angela Merkel se kanse om in September herverkies te word deur die goeie vertoning deur konserwatiewe partye versterk.

In Italië het eerste minister Silvio Berlusconi ook 'n geringe oorwinning behaal, in weerwil van die resessie en skandale rondom sy liefdeslewe.

Die terugslag vir die Europese sosialiste kan in die volgende lande die heersende linkse regerings destabiliseer: Brittanje, Ierland, Letland, Griekeland, Hongarye, Bulgarye en Spanje.

сварочный инвертор сОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.