Soedan se leier besoek Zimbabwe

President Omar al-Bashir van Soedan, wat deur die Internasionale Strafhof veroordeel is vir oorlogsmisdade en menseregteskending, het Zimbabwe se president Robert Mugabe Sondag ontmoet. Al-Bashir is die eerste sittende staatshoof wat deur die ISH veroordeel is.

Mugabe het gesê hy was nie bewus daarvan dat die Soedannese president sou opdaag nie. Zimbabwe is nie onder die 180 lande wat die statute van die wêreld se eerste permanente oorlogsmisdaadtribunaal bekragtig het nie.

Lande wat die statute aanvaar het, is onder 'n verpligting om Al-Bashir te arresteer. Zimbabwe het lof ontvang vir die verwelkoming van Arabiese en Afrikalande wat die veroordeling van Soedan se leier teenstaan.

Al-Bahir het reeds 'n halfdosyn reise buite sy landsgrense onderneem na Arabiese en Afrikalande sedert die veroordeling in Maart. In April was hy in Ethiopië, hoofkwartier van die AU. Die AU het gevra dat Al-Bashir se inhegtenisname met 'n jaar uitgestel word omdat dit die moeilike vredesproses in Soedan mag benadeel indien hy gearresteer word.

Die Arabiese Liga het die veroordeling verwerp.

Tsvangirai is tans in die buiteland op 'n besoek van drie weke om Europese en Amerikaanse leiers te ontmoet en het aan die media gesê hy was nie bewus van die besoek nie. Die opposisieleier gaan eersdaags met die Amerikaanse president vergader in Washington volgens die Zimbawiese staatsradio.

Die Nederlandse minister van ontwikkelingshulp, Bert Koenders, het tydens Tsvangirai se besoek gesê die Weste wil meer vooruitgang in menseregte sien en die inperking van ondermeer die veiligheidsmagte en die sentrale bank.

Alhoewel Tsangirai ontken het dat hy van die besoek van Al-Bashir bewus was, het Ian Makone, 'n lid van Tsvangirai se reisgeselskap, gesê Al-Bashir is 'n amptelike gas van die Comesaspitsberaad en is uitgenooi om die verrigtinge by te woon deur Kenia. Kenia se voorsitterskap van die ekonomiese groep het ten einde geloop.

Mugabe sal die voorsitterskap oorneem van die Keniaanse president Mwai Kibaki. Die leier van Zimbabwe het Sondag gesê konflik is 'n "ernstige kanker van ons streek", maar het nie na Soedan verwys nie.

Hy het 'n oproep gedoen aan die 400 miljoen mense in die streek en gevra dat Afrika 'n groter rol speel om die toekoms te beïnvloed. "Ons kan nie langer toeskouers en betogers wees nie."
complete bridal jewellery setsАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.