Wit aktrise weier om swarte te soen

Deel op

‘n Suid-Afrikaanse teaterproduksie wat daarop gemik was om kinders te oortuig dat rasseharmonie heers, se aktrise het bedank nadat sy van rassisme beskuldig is.

Carolyn Forword (foto hier bo) het van die verhoog gestap van die produksie getiteld The Pied Piper of Hamelin nadat sy deur die regisseur aangesê is om haar mede-akteur Unathi Dyantyi herhaaldelik op die lippe te soen.

Unathi.jpg~original
Unathi Dyantyi

Forword, 22, sê die gesoenery was nie betaamlik voor ‘n gehoor van jong kinders nie, en daarbenewens was dit onhigiënies. Daar is drie wit en een swart akteur wat in die stuk speel.

Dyantyi beweer haar beswaar dat sy kieme wou vermy was deur rassisme gemotiveer.

Dyantyi, 28, sê Forword het hom weggestoot en weggeskram daarvan om hom te soen gedurende opvoerings van die teaterstuk. “Ek het elke keer soos ‘n stuk kak gevoel wanneer ons dit moes doen vanweë die manier waarop sy my behandel het,” het hy gesê. “Sy wou my nie soen nie. Sy het gesê sy vind dit onnodig en die soen was onhigiënies.”

“Ek is sprakeloos. Wat is onhigiënies omtrent ‘n soen? En wat is onnodig daaromtrent? Dit is nodig vir wat die regisseur wil bereik. Hy wil ‘n boodskap oordra dat dit OK is vir verkillende kulture om verlief te raak. Ons is ‘n multikulturele gemeenskap en ons probeer dit uitbeeld.”

Die Riverside Theatre Company, wat in Cape Town is, het gehoop om die Pied Piper na Foward se ou skool te neem, maar sy het daarteen beswaar gemaak. Volgens Dyanti wou sy nie hê haar ouers moet sien dat sy ‘n swart man soen nie.

“Sy is opgelei as aktrise in drama, maar nogtans het sy ‘n probleem met soen. Dit het nog nooit met my gebeur nie. Daar is steeds rassisme in Suid-Afrika vandag, maar dit is baie subtiel.”

Forword het na 12 opvoerings van die Pied Piper onttrek en ‘n ander aktrise sal die 50 volgende opvoerings doen. Sy het die aanklagte van rassisme teen haar wat eers in die Sowetan verskyn het, verwerp”

“Dis ‘n opvoering vir 8-jariges,” het sy gesê. “Hulle wil dat ek die ou vir 20 sekondes soen, wat onbetaamlik is voor daardie gehoor. Dit sal nie goed afgaan voor ‘n Katolieke skool nie, byvoorbeeld. Dit sou onhigiënies wees want dis ‘n reisende opvoering. Ek het uitgeloop want die regisseur het ons geen idee gegee van waar ons gaan oorbly nie. Dit het niks te doene gehad met die soenery nie. Maar nou is ek ‘n rassis.”

Leslie Ehrhardt, die regisseur het Dyantyi se weergawe ondersteun. “Daar was sonder twyfel ‘n rasse-element van die begin tot einde.” Hy het gesê Carolyn het hom weggestoot en haar gesig getrek “asof dit die ergste ding op aarde was om hom te soen”.

Ehrhardt het dit as ‘n verskriklike toestand beskryf dat ‘n 22-jarige wat gedurende 15 jaar se demokrasie ‘n ander opvoeding moes gehad het. Hy het gesê hy is uiters geskok.

Forword het insgelyks gekla dat Ehrhardt, 42, homself onbetaamlik gedra het teenoor haar asook dat die akkomodasie en vervoer wat aan die akteurs gebied is, veel te wense oorlaat.

гидроаккумулятор купить спбЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.