Air France-verdwyning dalk foutiewe sensor

Deel op
Die verdwyning van die Air France straler wat van Rio de Janeiro na Parys onderweg was, bly steeds 'n raaisel. Die vliegtuig het oor die Atlantiese Oseaan naby die Brasiliaanse eiland Fernando de Noronha, vermis geraak sonder dat die loodse 'n noodroep kon uitstuur.

Die seine wat kort voor die verdwyning ontvang is, was outomatiese seine van die onderhoudstelsel en is nie deur die lugbeheerpersoneel gelees totdat hulle ure later eers besef het dat die loodse nie betyds, soos geskeduleer, ingeradio het nie.

Die Airbus A330-200, met 228 passasiers aanboord, het vermoedelik in 'n donderstorm verdwyn. Volgens een van die outomatiese seine het die vliegtuig kajuitdruk verloor. Geen teken van 'n bom, kaping of sabotasie word nog vermoed nie.

Die swart kassie waarop die vliegtuig se laaste minute opgneem is, sal ook nooit die geheimsinnige verdwyning kan opklaar nie, aangesien dit waarskynlik op die bodem van die Atlantiese Oseaan lê. Dit is ook nog nie seker of die vlug deur satelliete of ander vliegtuie se radar geregistreer is nie.

Die vliegtuig was reeds te ver van land om op Brasilië en Senegal se radar te verskyn soos algemeen met trans-Atlantiese vlugte die geval is.

Die vlug AF 447, was veronderstel om 11:10 op Charles de Gaulle by Terminaal 2D aan te kom. 'n Priester in 'n swart gewaad het die wagtende familielede en kennisse egter tegemoet gegaan.

Pierre-Henri Gourgeon, uitvoerende hoof van Air France-KLM, het aan die hordes joernaliste en fotograwe gesê hulle is erg ontsteld en het belowe om die slagoffers se naasbestaandes by te staan.

Daar was 32 nasionaliteite aanboord wat 58 Brasiliane, 61 Franse en 2 Amerikaners insluit. Die vliegtuig het vermis geraak naby die Kaap Verdiese Eilande waar die trope soms kwaai en onvoorspelbare donderstorms veroorsaak wat tot 55 000 voet kan styg, hoër as wat kommersiële vliegtuie kan vlieg.

Die loods was ervare en het reeds 11 000 vliegure agter die rug gehad, wat 1 100 ure op Airbus se 330 stralers insluit. Gourgeon het aan die Franse LCI nuusdiens gesê dit kon nie aleen weerlig of turbulensie wees nie, maar eerder 'n samekoms van verskeie faktore wat die

Hans Weber, hoof van Tecoplugvaartkonsultante in San Diego, meen foutiewe outomatiese seine wat deur die Airbus 330 se vlerkflappe gestuur word, verhoed die loods om beheer te neem en kan veroorsaak dat foutiewe inligting ook deurgestuur word.

Twee Quantasstralers het byna uit die lug geval omdat die loodse, ná hulle foutiewe seine ontvang het, maneuvers toegepas het wat die vliegtuie verlede jaar neus eerste grondwaarts gerig het.

Weber sê indien die inersiesensor aangedui het dat die vliegtuig vinnig spoed verloor en dus noodgedwone moet duik om lugspoed op te tel en daar terselftertyd 'n afwaartse trek vanweë turbulensie uitgeoefen word, is dit fataal. "Dit sal moeilik wees om van te herstel," het hy gesê.

эндоскопический лифтинг лица ценыДанильченко Юрий прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.