“Suid-Afrika” parasiteer op Afrikanersportprestasie

Deel op

Die skouspel van die Blou Bulle wat oor die naweek die Chiefs van Nieu-Seeland 'n 61-17-loesing toegedien het, het ons weereens onder die indruk gebring van hoe die "reënboognasie", wat 'n verloornasie is, op Afrikanersportprestasie teer.

Deel op

Die Afrikaner word in die skoolgeskiedenisboeke sleggemaak, gedurig van rassisme en ander euwels beskuldig en sy taal en kultuur misken, maar as 'n klompie Afrikaners in blou rugbytruie wen, dan word hul prestasie skielik die hele land s'n.

Volgens die TV is ons 'n Engelse land en die verrigtinge met Joel Stransky het Saterdag weereens uitsluitlik in Engels plaasgevind met die voortaan Britse maatskappy Vodacom wat as hoofborg medaljes oorhandig het. Maar tydens die wedstryd het die toeskouers van Pretoria voortdurend baniere in Afrikaans vertoon en in sy bedanking aan die skare het Victor Matfield insgelyks Afrikaans gepraat.

Selfs die kaptein van die Chiefs het – watter belediging vir die Engelse reënboognasie – in Afrikaans "baie dankie" gesê. Ook die pleknaam "Pretoria" is Saterdag dikwels gehoor.

Dit alles kon beswaarlik die goedkeuring van die Tshwane-burgemeester, dr. Gwen Ramakgopa, weggedra het wat self op die podium verskyn het om skynheilig die rugbyspelers se hande te skud.

Deur hul onbeskaamde gebruik van Afrikaans, het die Pretoriase toeskouers Saterdag getoon dat hulle nie langer met die Engelse neokolonialisme van die swart elite en die sakesektor gediend is nie.

Net soos die Bloubulrugbyspan Saterdag op die rugbyveld gewys het wie en wat hulle is, is dit hoog tyd dat die Afrikaner aan die lamsakkige, misdadige en korrupte reënboognasie begin toon wie en wat ons is.

Hoe gouer Pretorianers en Afrikaners in die algemeen op groter outonomie en selfbeskikking begin aandring, hoe gouer sal die ellende van reënboogparasitisme op Afrikanervoortreflikheid endkry.

Binnekort speel die Blou Bulle dalk nie meer vir "Suid-Afrika" – daardie anachronistiese en geusurpeerde oorblyfsel uit ons gehate apartheidsverlede – nie, maar vir 'n Afrikanerstadstaat wat die naam Pretoria waardig is.

LampДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.