Sewe dodelike skete in SA

Deel op

ImageDis al lank dat ek hardop dink oor SA se siektes en gebreke, lank dat ek probeer om dit te identifiseer, te formuleer en dan my gevolgtrekkings in logiese formaat te rangskik. My slotsom ruk tot in my binneste: Suid-Afrika sál tot niet gaan.

Deel op

My term "siektes" of dan "skete", of kwale en gebreke, probeer om onder een kombers daardie probleme en behoeftes in SA saam te vat wat ek sien as die grootste sondebokke, grootste behoeftes, grootste verval en disintegrasie van histories wel funksionerende instellings. Ek gaan hierdie gebreke net eers noem en dan later bespreek. Ek pleit dan ook geredelik skuldig daaraan dat die sondes van die apartheidvoorvaders glad nie hier bespreek word nie, hoofsaaklik omdat dit weinig gaan bydra tot die regstelling van die huidige toestand. My standpunte wil dus geensins voorgee dat die vorige bewindhebbers nie ook ruim bygedra het tot dié skete nie. Daar is ook sekere prestasies deur die swart bewindhebbers wat, hoewel nie enorm en van beduidende aard nie, nie altyd die waardering kry waarop dit met reg kan aanspraak maak nie. Maar dit is nie die doel van hierdie artikel nie. 

Ons het hier te doen met die land se huidige terminale siektetoestand. Hieronder dus my opsomming:

Die sewe skete

  1. Armoede en onvoldoende werkskepping
  2. Gebrekkige voedselproduksie
  3. Misdaad en gebrek aan veiligheid
  4. Standaard van dienslewering, verval van infrastruktuur
  5. Vervallende gesondheidsorg
  6. Swak onderwys
  7. Negrologie, nepotisme en korrupsie

Weliswaar kan hierdie lysie bladsye vol aangevul word, maar dan is dit nie meer 'n maklik abstraheerbare opsomming nie. Voorlopig volstaan ek dus met bostaande sewe skete.

As die hantering van dié skete en behoeftes tans dus uit rat is, dit nie in goeie werkende toestand is nie, op verdere verval afstuur, dalk op pad is na totale chaos van rampspoedige omvang, is die noodwendige vraag:

Hoekom?

Hoekom is dit in hierdie toestand? Hoekom het hierdie behoeftes, hierdie bedrywighede, hierdie verval, sulke enorme afmetings aangeneem?

En elke keer, sonder uitsondering, kom ek by die volgende antwoord:

Gebrek aan kundigheid en gebrek aan bestuurservaring by die betrokke swart leierskorps lê ten grondslag van al hierdie skete en probleme. 

Die oorsaak

As dit dan 'n gebrek aan kundigheid of 'n gebrek aan ervaring is wat SA in hierdie siektetoestand gedompel het, hoekom het SA dan hierdie pad geloop? Wat was die grondliggende dryfveer vir hierdie oënskynlik katastrofiese besluit? En elke keer kom ek by dieselfde antwoord uit:

Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging ter bereiking van 'n swak gedefinieerde transformasie-ideaal. 

My beswaar lê nie soseer by die begrippe van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging self nie, maar geheel en al in die uitvoering daarvan om 'n utopiese, getransformeerde samelewing te probeer skep. Wellewende en betekenisvolle transformasie wat SA 'n beter plek kan maak, word egter nooit bereik nie, slegs niksseggende en soms rampspoedige veranderings. Wat nou gebeur, is dat die Doelwit, die Taak wat verrig moet word, rolle omruil met 'n Aanstelling/Bevordering ten einde 'n historiese onreg of vermeende onreg "reg te stel". Nie die taak nie, maar die regstelling kry nou die prioriteit.

Om dus op te som:

  1. Die swart bewindhebbers, of die swart owerhede, maak aanstellings en bevorderings in sleutelposte juis in terme van sodanige wette en regulasies wat regstellende aksie as politieke en strategiese doelwitte voorop stel. Vermoëns en kundigheid het weinig te make met hierdie aanstellings – maar veel eerder met finansiële belonings vir politieke ondersteuning, of dan negrologie en nepotisme. Tweedens word vereistes aan die ekonomie gestel wat 'n herverdeling van eienaarskap en/of diensteverskaffing as eerste prioriteit stel.
  2. Die nuwe swart leierskorps het in 90% of meer gevalle nie die kundigheid of ervaring om daardie bestuursbesluite te neem wat noodsaaklik is vir die bewaring en uitbouing van infrastrukture en/of dienste nie. Die uitkringende aanstellingsprosesse van verdere onkundiges op middel- en juniorvlakke skep 'n toestand van onvermoëns wat eksponensieel toeneem. Instandhouding, administratiewe huishouding, dissipline, werksetiek, beplanning – hierdie terreine is selde deel van 'n politieke strategie, met die gevolglike ineenstorting of verwaarlosing van bedryfsaktiwiteite. Die nuwe swart leierskorps weet nie dat hulle nie weet nie. 
  3. Hierdie bedryfsaktiwiteite doen gevolglik dan uiteindelik almal terminale skete op.

'n Verduideliking van hierdie sewe skete, die wisselwerking daartussen en die oorsaak/gevolg-siklus wat geskep word, lees almal presies dieselfde:

Die eerste skeet: Armoede

Armoede in die moderne wêreld het tog seker in alle waarskynlikheid sy oorsprong in werkloosheid, wat in SA iewers tussen 25% en dalk 40% lê. 'n Mens wat nie 'n werk het nie en wat moet eet en wie se kinders en afhanklikes moet eet, het geen ander keuse nie as om geld en kos wederregtelik te probeer bekom. In 'n onderhoud op RSG (30 April) bevestig 'n senior amptenaar van die departement welsyn dat 40% van die bevolking in erge armoede verkeer, selfs ná die ontvangs van verskeie welsynstoelaes. Misdaad is 'n noodwendige gevolg. 

Dit wil dus vir my voorkom asof werkskepping waarskynlik die dringendste prioriteit in hierdie land is. In die midde- en verre ooste, die suidsee-eilande en verskeie Westerse lande word die kwessie van werkskepping egter so bestuur dat werkloosheid in 'n sekere mate onder beheer is sodat nie meer as 6 tot 8% van die bevolking deur die staat gevoed en geklee hoef te word nie. 

SA het dus met 'n oorlog te doen, 'n werkskeppingsoorlog, die land se inwoners se grootste oorlog ooit. Daarvoor het SA 'n oorlogskabinet nodig, 'n klein kabinet met wye uitvoerende magte wat ons dringendste en dwingendste probleem sonder aansien des persoons sal aanpak. In so 'n oorlogskabinet dien slegs die kundigste, suksesvolste en ondernemendste nyweraars en entrepreneurs vanoor die hele SA en die wêreld.

SA se swart president en sy topraadgewers moet hierdie kabinet saamstel en nie toelaat dat ander swart politici, swart beheerde vakbonde en 'n swart beheerde burokrasie werkskepping van die bevolking weerhou nie. 

Maar dis 'n hersenskim. Die swart leierskorps sal nooit so 'n kabinet saamstel nie. 

Die tweede skeet: Voedselproduksie (ingesluit bosbou en vissery)

Nog 'n oorlog, net groter – 'n enorme tydbom. Die ironie is dat in SA politiek en nie kundigheid nie die hoofoorsaak is vir onvoldoende en afnemende voedselproduksie. Die strewe na grondbesit vir swart armes het so verstrengel en verpolitiseerd geraak met 'n onsimpatieke en inderdaad vyandige siening deur die swart owerhede van landboubedrywighede, een van die mees riskante bedrywe denkbaar, dat voedselproduksie die noodwendige slagoffer is. 

En hongersnood die noodwendige gevolg.

Voeg hierby die staat en "groenes" se romanse met kleinboerdery en verspotte aandrang op organiese produkte dat die reddende hand van kommersiële produksie van werklike groot omvang inderwaarheid weggeklap word. Om polities skeef na geneties gemanipuleerde praktyke te kyk, is eintlik selfgeskepte selfmoord. Die uitdeel van grond aan armes en die bemagtiging en opleiding van opkomende boere is 'n politieke aangeleentheid wat met die produksie van voedsel weinig te make het. Weer eens speel die TAAK tweede viool, en beklee REGSTELLING die prioriteitsposisie.

Slegs 'n dringende a-politieke instelling teenoor die landbousektor, tesame met die tydige ingryping van hoogs kundige landbouers en navorsers – in hierdie stadium hoofsaaklik wittes – kan hierdie oorlog op voedselskaarste op 'n oorwinning laat uitloop en die tydbom ontlont.

Nog 'n hersenskim, helaas.

Die derde skeet: Misdaad

Tot onlangs is die omvang van misdaad in SA ontken. Nogmaals sit ons met politici wat Regstelling die prioriteit maak en nie die bestryding van misdaad nie. Aanstellings en bevorderings in die SA Polisiediens het inderdaad tot 'n absurde klug ontaard. Die hoof is 'n politieke aanstelling met 'n enorme klag van korrupsie oor sy kop, die oorgrote meerderheid van die swart stasiebevelvoerders is volgens verslae onkundig en onbekwaam, die vlak van administratiewe bestuur is bedenklik, duisende dossiere van strafsake kry voete, en kundige wittes verlaat die mag in trosse om elders 'n heenkome te vind, forensici word deur die VSA en Brittanje opgeraap, duisende der duisende wapens word uit polisiekluise deur lede van die Polisiediens gesteel (my eie dogter se 9mm-Parabellum is 'n voorbeeld), bykans 'n 100 000 lede kan nie 'n funksioneel geletterdheidstoets slaag nie, ensovoorts, ensovoorts.

 Nóg die politieke wil, nóg die kundigheid, nóg die integriteit bestaan om misdaad as 'n terminale siekte die stryd aan te sê.

Dit kan nie beter word nie, net slegter.

Die vierde skeet: Dienslewering en vervallende infrastruktuur

Die staat se beroerde rekord in hierdie verband word in toenemende mate feitlik net so deur die private sektor nagevolg. Weer eens neem Regstelling die eerste plek in, en is die Taak wat verrig moet word in die tweede of derde of selfs laaste plek. Kwotas, politieke verbintenisse, bemagtiging, nepotisme en 'n dosyn ander oorwegings bepaal die aanstellings en bevorderings, en gevolglik die standaard van diens wat die publiek uiteindelik ontvang. (Toe die swart bewindhebbers 89 senior poste, hoofsaaklik wit, in die Kaapstadse munisipaliteit afgeskaf en dit met dubbeld soveel swart onkundiges vervang het, was die gevolge vir Kaapstad voorspelbaar.) 

Dis nie net munisipale en ander openbare dienste wat ineenstort nie, maar dis ook in die supermarkte, die banke, oproepsentrums, die algemene handelswêreld – regdeur alle sektore ondervind die publiek tans 'n verstommende gebrek aan diens, hoflikheid, stiptheid, eerlikheid en gewoonweg kundigheid. Paaie, water, rioolwerke, siviele howe, Eskom, die openbare uitsaaier, SAL, SA Statistieke, die kantoor van die Registrateur van Maatskappye, ensovoorts is maar enkele slagoffers. Dan word daar met bewing gevrees dat die Akteskantoor en die Regbank dalk eersdaags ook hierdie pad kan loop. 

Kundige wittes se persepsies mag bevooroordeeld wees, maar die swart owerhede moet byvoorbeeld daarvan kennis neem dat uit SA se skrale oes van 230 ingenieurs wat in 2003 gekwalifiseer het, daar tans nie 'n enkele een meer in die land oor is nie. Almal landuit. Uit 270 munisipaliteite kry slegs 20% ongekwalifiseerde ouditstate, rou riool in die strate van dosyne dorpe, die herstel van provinsiale paaie in die meeste provinsies sal meer kos as om nuwe paaie te bou. Ad infinitum. Die politieke aanstellings faal misrabelik.

Die vyfde skeet: Vervallende gesondheidsorg

Die kwotavereistes en politiek gedrewe regstellende aksies het dalk op die gebied van gesondheidsorg die meeste skade aangerig. Vergelyk slegs die nuutste toelatingsvereistes tot die mediese fakulteit van die Universiteit van Kaapstad, gebaseer op die volgende gemiddeldes wat studente in hulle matriekeindeksamens moet bereik: swart studente 64%, bruin 72%, Indiër/Asiaat 78% en wit studente 82%. Hierdie kwotas probeer 'n historiese "wanbalans" uitwis, maar al wat nou gebeur, is dat die topstudente in die mediese fakulteit die wit studente is en die uiteindelike beste mediese praktisyns uiteraard weer die wittes. Die noodwendige gevolg is dat hoe meer die swart owerhede die speelveld gelyk probeer maak, hoe ongelyker raak dit. Nogmaals probeer onkundige politici iets "regstel" in plaas daarvan om effektiewe gesondheidsorg as eerste prioriteit aan te pak.

Die sesde skeet: Swak onderwys

Slegs 3½% van SA se leerders wat hulle skoolloopbane begin, slaag uiteindelik ná 12 jaar 'n funksionele geletterdheidstoets. In 1994 kon slegs 'n skandalige 51% van swart gematrikuleerders hierdie geletterdheidstoetse slaag. In 2007 het hierdie syfer gedaal tot onder 15%, met die vermoede dat dit in 2009 kwalik meer as 10% sal wees. Hierdie syfers is harde feite en die resultaat van wetenskaplik bewese toetse wat die RGN as billik en korrek aanvaar. Weereens het onkundige politici die land en sy mense tot in die afgrond gelei. Valse sentimente oor moedertaalonderwys, politiek gedrewe doelwitte, maatreëls om "regstellings" in die 4 000 funksionele, meesal blanke skole in SA te bewerkstellig in plaas daarvan om op die 22 000 disfunksionele, meesal swart skole te konsentreer, die sluiting van meer as 100 onderwyskolleges – die breinkind van ou wit regerings – , gedwonge integrasie van wit en swart, die openlik vyandige houding teenoor Afrikaans, die slaafse navolging van bedenklike buitelandse onderwysmodelle, maar veral kwotagedrewe slaagsyfers, alles het meegebring dat die verkryging van kwalifikasies die doelwit geword het i.p.v. die kennis en vaardighede wat normaalweg daarmee gepaard gaan. Die rampspoedige gevolge is nou dat daar gegradueerde onderwysers is wat nie kan lees of skryf nie; rekenmeesters wat nie rekeningkunde kan doen nie, regters wat nie uitsprake kan skryf nie, bestekopnemers wat nie die kostekomponente van konstruksies kan uitwerk nie, ad infinitum. En almal het stukkies papier waarop die woorde "Graad" of "Diploma" of "Sertifikaat" staan, alles waardeloos.

Die sewende skeet: Negrologie

Ek leen hierdie hoogs bruikbare term by die Franse skrywer Stephen Smith uit die Afrikaanse vertaling van sy boek Negrologie, met die sub-titel Waarom Afrika vergaan, wat inderwaarheid uitgebreide nepotisme in 'n Afrika-konteks beteken. In sy mees banale vorm, maar ook in die mees aanvaarde verband, sê Smith, wil dit voorkom of die Afrikaan-as-gesagsbekleër die bates rondom hom, d.w.s. die staat s'n, die munisipaliteit s'n, die stad s'n, die provinsie s'n, as sy persoonlike bates bejeën. Hierdie besitreg word dan ook uitgebrei na sy onmiddellike familie – op kinders, hoofsaaklik seuns, is dit van toepassing, maar ook broers, neefs, ooms, ens. Daarna volg vriende en kennisse, dan die res van diegene in stamverband, en uiteindelik diegene wat sy gebied deel, 'n uitgebreide netwerk van beskermers. 

Smith het 'n stuk waarheid hier beet as die SA situasie van nader bekyk word, hoe ongewild en polities inkorrek dit ook al mag voorkom. Negrologie, of meedoënlose nepotisme, lê ten grondslag van die meeste aanstellings en bevorderings wat swart politici in die naam van regstellende aksie in SA maak. Sodoende word die bates beskerm, gee dit mag en gesag aan die gesagsbekleër, en word hy verseker van langtermynbenutting. Omkoopgeld is nie omkoopgeld nie, dis aanvaarde sakepraktyk wat die bates van die gesagsbekleër uitbrei en beskerm, en dit word geheel en al nie gewaan as "korrupsie" nie. Die gewone stamlid, partylid, volkslid kan glad nie die bohaai oor die korrupsie-aanklagte teen die huidige SA president begryp nie. Die "wapenskandaal", die "olieskandaal", "reisskandaal", en al die soortgelyke "skandale" wat in die verlede voorgekom het, is eweneens dus onbegryplik en derhalwe vergeeflik.

Hoe ongewild onder wittes dit ook al mag voorkom: dit is ondenkbaar dat swart politici sal afsien van hulle aandrang op "regstellende aksies" en swart ekonomiese bemagtiging (SEB). SEB is die noodsaaklike brandstof om die motore van negrologie aan te steek en aan die brand te hou. Dis hoekom die vereistes vir swart eienaarskap in die banksektor onmiddellik ná die 2009-verkiesing stilweg van 10% na 15% verhoog is – 'n bykans onbereikbare finansiële wensdroom, bestempel ekonome dit -, dis ook hoekom verskaffers in toenemende mate, eersdaags dalk in totale mate, onderwerp word aan drakoniese SEB-vereistes. En dit gaan erger word, nie minder nie. 

Die kwantum van omkoopgeld en politieke kommissies om 'n super-ryk, korrupte en nie-presterende swart elite te vestig, het sulke skrikwekkende afmetings aangeneem dat dit vir die afsienbare toekoms die land se ekonomie onherstelbaar gaan skaad. Internasionale mededinging is lankal reeds 'n lugkasteel.

Dis nie die taak wat belangrik is nie, dis die mag wat aan die stuurstang kleef wat allesbepalend is. Negrologie, soos ons dit begin verstaan. Dis nie 'n kwessie van "negatief" wees nie – negatiwiteit het niks met die saak te doen nie – dis 'n kwessie van die interpretasie van data wat dui op 'n totale ineenstorting iewers in die nabye toekoms.

En dis hoekom kundige wittes die pad vat.

Pienkes du Plessis is 'n sakeman en skrywer. Hy publiseer o.a. Duinestories en Die perdekombers en ander stories uit die jagveld.

печи для дома из кирпичаФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.