Pta-naamsverandering kom sodra Jordan ‘lus is’

Deel op

Image

Dr. Pallo Jordan

Die minister van kuns en kultuur, dr. Pallo Jordan, “sal Pretoria se naam verander sodra hy die oggend opstaan en lus voel om dit te doen”. Tot dan gaan hy egter geen aankondiging in dié verband doen nie.

Deel op

Volgens berigte verlede jaar sou Jordan voor einde Januarie die besluit of die stad se naam gewysig gaan word, aldan nie, bekend maak. Maar laatmiddag op Vrydag 26 Januarie het Jordan by die Kaapstadse lughawe teenoor my ontken dat hy ooit so ‘n onderneming gegee het. “Ek het nooit enigiets van dié aard gesê nie,” het hy met beslistheid verklaar.

Die onsekerheid oor die Pretoriase naamsverandering duur dus voort. Intussen wil dit voorkom asof sowel die stadsraad as die SAUK wel eensydig die naam van die hoofstad verander het aangesien beide instellings konsekwent die benaming “Tshwane” gebruik. “Tshwane” beteken alternatiewelik “plek van die aap” of “plek van die koei” en die herkoms van die term is steeds in onsekerheid gehul.

Gerugte loop wyd dat die hele Pretoria oranje, wit en blou geverf sal word indien die naams finaal sou verander. Sedert die eerste aankondiging van ‘n naamsverandering is die meerderheid Pretorianers daarteen gekant en het daar ook verskeie groot betogings daarteen plaasgevind.

{mos_mb_discuss:13}

детектор лжи проверить себяФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.