Afrikaners dink anders as die Afrikane

Deel op

Die wisselwerking tussen politiek en die antropogenetiese eienskappe van 'n politieke gemeenskap verteenwoordig deesdae 'n nuwe ondersoekveld. Dit beteken dat wetenskaplikes in die postmoderne tyd soek na 'n verband tussen die genetiese samestelling van 'n politieke gemeenskap en die politieke model van so 'n gemeenskap.

Deel op

In die moderne tyd, waartydens die rasionalisme hoogty gevier het, is die dogma aangaande die mens oorheers deur 'n Griekse dualisme tussen liggaam en siel. In Griekse denke is die liggaam tydelik, stoflik en selfs minderwaardig en die siel edel, onsterflik en verhewe. In hierdie model is geglo dat differensiasiefaktore tussen rasse eintlik verskille in sosiale ontwikkeling verteenwoordig. Maak die sosio-ekonomiese omgewing tussen die rasse dieselfde, dan verval die antropogenetiese verskille tussen mense. Hierdie soort denke kan getipeer word as 'n sosiale determinisme.

Daar moet natuurlik ook gewaak word teen 'n biologiese determinisme. Hiervolgens is die rasseverskille blywend en tiperend van die mens. Ras oorheers dus kultuur en religieuse rigting. Ras is 'n fait accompli en niks kan daaraan gedoen word nie. Prestasie word deur die rasfaktor bepaal. So word rasseapartheid vir tyd en ewigheid gelegitimeer.

In moderne genoomstudies is herontdek dat die mens tegelykertyd sy liggaam en ook sy siel is. Die een kan nie van die ander geskei word nie. Inmiddels word nou toegegee dat in die evolusie van menswees oor honderde en ja, duisende jare, die genetiese verskille tussen die rasse ook persoonlikheidsdimensies aanneem. Dit beteken gewoon dat verskillende gemeenskappe wat afsonderlik van ander ontwikkel het, nie net uiterlik waarneembare fisiologiese verskille openbaar nie, maar ook psigologiese, sosiale, politieke en religieuse karakteristieke. Genetiese samestelling determineer 'n lewens- en wêreldbeskouing asook die politieke praktyk.

Die implikasie hiervan is dat die verskille tussen die Wes-Europese beskawing en Afrika gewoon veel dieper as velkleur lê en eintlik in die gene van die mense ingebed is. Hierdie genetiese geaardheid laat hom in 'n eie beskawing en kultuur geld.

Hoe verklaar 'n mens bv. die eiesoortige tendense wat die Afrika- sosiaalmaatskaplike stand van sake in postkoloniale Afrika inneem of weerspieël? Daar is die neiging tot magsmisbruik, tot sentralisering, tot korrupsie en natuurlik stelselmatige agteruitgang. Die magstaat skyn die natuurlike politieke model van Afrika te wees.

Is dit nie miskien so dat die grootste en gevaarlikste nettoresultaat van Angel-Saksiese kolonialisme in die feit te vind is dat 'n eiesoortige Angel-Saksiese maatskaplike orde en politieke model (die Westminster-stelsel), wat vreemd aan Afrika is, op 'n andersoortige gemeenskapsituasie oorgedra is nie? Ek meen tog so!

Neem nou maar Irak. Volgens Amerikaanse standaarde was Sadam Hoessein 'n gevaarlike diktator. Vandaar die feit dat die Amerikaners met hom moes wegdoen. In die post-Hoessein-fase kry 'n mens die indruk dat al manier wat daar werklik bestaan om die diverse Irakese samelewing te orden deur diktatoriale beheer moet geskied.

Kyk ons krities na Suid-Afrika vanuit twee wedersyds uitsluitende modelle dan spring die antropogenetiese verskille tussen Europa en Afrika in die oog.

Dink hier aan die oplossing van die kroniese gebrek aan “service delivery”, dus aan positiewe uitkomste in die staatsadministrasie:

  • Vanuit 'n Wes-Europese denkraamwerk moet die moderne staat van bo na onder, vanaf die nasionale vlak na die plaaslike owerheidsdimensie, sodanig gedesentraliseer word dat dit juis op die derde vlak van regering is waar die mag afgewentel word. Switserland is 'n dienstige voorbeeld. Die nasionale kabinette in gedesentraliseerde state is klein, beweeglik en beperk tot sake soos buitelandse verhoudinge, nasionale veiligheid, ens. Die werklike dienslewerende politiek geskied op die derde vlak van regering.
  • In Afrika werk dit anders. In Afrika se politieke koppe word die probleem deur groter magskonsentrasie na die nasionale vlak gekenmerk. Vandaar dat president Zuma en die ANC se bekommernis oor die gebrek aan “service delivery” opgevolg word deur sentralistiese tendense en deur 'n lompe kabinet van 35. 

Magskonsentrasie in Afrika het ten diepste te make met 'n andersoortige kyk op die samelewing, wat teruggevoer kan word tot die tradisionele stamregering, ingevolge waarvan die stamkaptein die samelewing van bo na onder struktureer, dirigeer en orden. Oeboentoe beteken ook ten diepste akkommodasie of 'n gewilligheid van die minderheidsgroep om in die groter geheel op te gaan.

In die ontwikkeling van die politiek sedert wyle dr. Verwoerd, is die antropoloog stelselmatig vervang met die sosioloog. 'n Antropoloog pas die politiek by die psige en kultuur van die groep aan. Vir die sosioloog kan die samelewing op patroon van die natuurwetenskaplike metode deur sosiogeniëring gemanipuleer en volgens 'n bepaalde ideologie geherstruktureer word.

Dom soos die De Klerk-regering was, is geoordeel dat Afrikane in Afrika deur sosiogeniëring verander kan word na Swart Wes-Europeërs. Wat egter nou gebeur, is dat transformasie beteken dat Suid-Afrika as Europese buitepos sodanig verander moet word dat dit 'n ware Afrikaland word waar Afrikanorme, -standaarde en -modelle deurslaggewend sal wees.

Die interaksie tussen politiek en antropologie is 'n komplekse werklikheid. Die mens beïnvloed nie net die politieke omgewing nie, maar die politieke omgewing het ook 'n uitwerking op menswees.

Duitsland is 'n goeie voorbeeld. Ná die tweede wêreldoorlog is Duitsland kunsmatig opgedeel in die Duitse Westerse Bondsrepubliek teenoor die Oos-Duitse sg. Duitse Demokratiese Republiek. Ná skaars vyftig jaar het die kommunistiese ideologie van die dialektiese materialisme 'n andersoortige Oos-Duitser geskep wat van sy Wes-Duitse eweknie skerp verskil. Die Wes-Duitser is sterk individualisties en materialisties. Die Oos-Duitser, daarenteen, het 'n baie groter gemeenskapsbesef, is vriendeliker en hulpvaardig.

In laasgenoemde verband het 'n ideologie van buite dus 'n invloed op die genoom van die gemiddelde Oos-Duitser gehad.

Die gevare wat die Afrikaner in die oog moet kyk, is dat die transformasiepolitiek van die owerheid die Afrikaner van sy Europese herkoms sal beroof. Vandaar die noodsaak dat die Afrikaner in post-apartheid-Suid-Afrika op sy identiteit moet fokus en op sy Europese herkoms wat bewaar moet word. As die Afrikaner wil oorleef sal hy Eurokaner moet word. In die fase voor 1994 was dit nodig dat die Afrikaner hom bind aan die Afrikakontinent met die begrip Afrikaner. Omdat die omwêreld van die Afrikaner so ingrypend verander het, sal hy Eurokaner moet word.

Die wisselwerking tussen menswees en sy natuurlike omgewing asook die sosiopolitieke omgewing druk 'n stempel af op nie net sy menswees (sy antropogenetiese identiteit nie), maar tegelykertyd op die natuurlike omgewing en die kultuur.

Wie dus 'n student van die politiek is, moet ook kennis neem van die antropogenetiese disposisie van die groep, die politieke gemeenskap. Wie die genetiese erfenis van die groep miskyk, verskraal die politiek en verarm die politiek as wetenskap.

косметика украинаФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.