Zille is vir ons ‘n groter bedreiging as Zuma

Deel op

Marcel Rademeyer wil, soos baie Afrikaners, wil Zille en Zuma as opponente sien in Waarom is Boere so haatlik teen Helen Zille? Ongelukkig is hy hiermee heeltemal verkeerd. Sy eie mening en ek haal aan "…basies 'n herhaling van die Joodsgeleide Rivonia-komplot om soveel moontlike blanke vroue en kinders deur die veragtelike ANC-terroriste te laat uitwis" verteenwoordig die grootste weerspreking van sy hele argument.

Deel op

Marcel, miskien is dit tyd dat jy die heilige Zille se geskiedenis gaan navors en dan sal jy dalk verstaan hoekom ons "Boere" haar en haar blink en stink Afrikaners nie kan verdra nie. Mense soos Zille het kliphard gewerk om ons te kry waar ons vandag is. Sy en haar Black Sash en liberale Rand Daily Mail was en is die "nuttige idiote" wat die Bolsjewiste ingespan het om die beskaafde samelewing op sy knieë te dwing.

Zille en die DA is diegene wat naas die media die meeste histerie beleef het tydens die studentevideodebakel op die Kovsiekampus. Zille swyg soos die graf as daar oor die naamsverandering van Pretoria gedebatteer word. Sy swyg ook soos die graf oor die feit dat die DA saam met die ANC gewerk het om Pretoria in te lyf by die omliggende swart gebiede en sodoende wit Boere-Afrikaners aan die onbevoegdheid van ANC-raadslede uit te lewer.

Anders as die klein VF+ het die DA ook nog nooit n sent uitgehaal om vir Afrikaanse skole se taalregte te veg nie, die nare rede is natuurlik dat Zille ook graag – soos die Bolsjewiste – etniese identiteite sou wou uitwis. Moenie jou laat mislei deur haar gebruik van Afrikaans tydens verkiesings nie; dis goedkoop politieke strategie, niks meer nie.

Die DA is inderdaad die "lite" weergawe van die ANC. So, hoekom sal ek as Boer so dom wees om diegene wat my in werklikheid aan die vyand help uitlewer het, te ondersteun? Zuma mag die vyand wees, maar ten minste is hy nie die verraaier nie. Ek onderhandel veel eerder met my vyand as met diegene wat verraad teen my gepleeg het. 

Strategies sal dit baie dom van ons Boere wees om ons by n handjie vol keffende wit liberaliste te skaar as ons eerder met integriteit met die vyand kan onderhandel. Daar is heelwat bewyse in die geskiedenis oor Piet Retief se moord dat 'n Engelsman(die DA-tipes) Dingaan so opgesteek het dat hy besluit het om Retief en sy manne te vermoor. Jy kan dit gerus gaan navors; jy kan ook gerus navorsing doen oor die latere goeie verhouding tussen Dinizulu, die koning van die Zoeloes in die laat 1800s, en die Boere. Die Boere het die koning gehelp met veediefstalle en moontlike rebellies van ander stamme, in so 'm mate dat die Boere 800 plase in Noord-Natal ontvang het as blyk van waardering, maar gaan lees gerus self. 

Strategies sal dit ook baie dom van ons wees om Zille te ondersteun as sy kwetsende, onsmaaklike aanmerkings maak teenoor die staatshoof en held van miljoene. Haar beledigings sou goed in Brittanje gewerk het. In 'n land waar miljoene mense met n I.K van 70 woon, soos jy self skryf, moet mens mooi dink voordat jy hierdie tipe beledigings rondgooi. Mense met 'n I.K van 70 word maklik opgestook, gaan maklik tot geweld oor en gaan moeilik onderskei tussen n pienk liberalis en 'n wit Boer. 

Mev Zille se praatjies stel my en baie ander witmense in gevaar; dis tyd dat sy om haar kyk en begin dink voordat sy haar mond oopmaak. Haar politiek sal nooit in Afrika werk nie. Ons Boere het lank genoeg hier oorleef om te weet wanneer om te veg en wanneer om ander oplossings te soek. Nou is nie die tyd vir gevegte nie, allermins bekgevegte van 'n histeriese, wit meisie, soos Malema haar tereg noem.

Zille sal sekerlik dood neerslaan as jy met haar gesels oor die gebrek aan I.K by baie Afrikane. Hoe dom of slim Zuma is, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat hy bereid is om na mense te luister en om inligting van kenners in te win. 'n Slim man, soos wat Mbeki glo is, wat nie wil luister nie is minder werd as 'n ongeskoolde mens wat weet waar om na kennis te soek. Mugabe het stringe grade agter sy naam maar sy dwaasheid ken geen perke nie. 

методы протезирования зубовФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.