Johannesburg se tariewe styg ten hemele

Deel op
Die stad van Johannesburg is wyd gekritiseer vir tariefverhogings wat ver bokant inflasie is.

Volgens die Demokratiese Alliansie is die stygings te wyte aan die stadsraad se onvermoë om alle verbruikers korrek te faktureer en daarin te slaag om sy inkomste van hulle te verhaal.

In sy reaksie het die lid van die burgemeesterskomitee vir finansies en ekonomiese ontwikkeling, Parks Tau, gesê: "Die huidige tariefverhogings is ingestel weens die enorme druk van die internasionale ekonomiese insinking en die stygende vraag na snel verminderende hulpbronne."

Hy het gesê die stad gebruik tariewe as 'n ekonomiese instrument om verbruikersgedrag in alle verbruikskategorieë te verander. "Hoe meer jy verbruik, hoe meer gaan jy betaal," het Tau gewaarsku.

In die praktyk beteken dit dat voormalige blanke woonbuurte meer as die lokasies gaan betaal.

Tau het ook gesê dat die stad sy belastingverhaling van 87 na 90 persent gaan opstoot en raadpleeg tans sy prokureurs oor hoe om mense wat onwettig aan dienste verbind te hanteer.

Hy het voorts gesê dat die stadsraad ook dienste vir armes bekostigbaar wil maak. "Die eerste R150 000 van die waarde van alle woonhuise word van erfbelasting vrygestel en die stad voorsien gratis vullisverwydering aan woonhuise met 'n waarde van minder as R150 000.

цена ремонта квартиры за квадратный метрФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.