Nkoana-Mashabane wil verteenwoordiging sien

Deel op
ImageDie nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking het Woensdagaand gesê, sekere globale magstrukture moet hervorm word. Die wêreldwye finansiële krisis het die noodsaak daarvoor belig.

Maite Nkoana-Mashabane het by 'n galadinee van die diplomatieke korps by Emperors' Place in Kempton Park gepraat.

"Ons glo die huidige finansiële krisis is 'n geleentheid vir die internasionale gemeenskap om die politieke wil te wys om die nodige hervormings aan die globale finansiële argitektuur uit voer… hervorming is in ons kollektiewe belang want dit sal verseker dat hierdie instellings hulle werk beter doen, breër verteenwoordiging nastreef in besluitneming en dit sal ook hulle legitimiteit verhoog."

Sy het gesê gedurende Suid-Afrika se tweejaar tydperk as nie-permanente lid van die Veiligheidsraad, "het ons die gevolgtrekking gemaak dat dit tyd geraak het om daardie belangrike orgaan van die VN te hervorm".

Samesprekinge binne die regering vir die oprigting van 'n ontwikkelingsagentskap is reeds aan die gang. Die staat hoop om die doeltreffendheid van ontwikkelingsamewerking te verhoog deur die stigting van só 'n agentskap.

Die dekaan van die diplomatieke korps, Bene Mpoko, het gesê Suid-Afrika moet aanhou om op die kontinent te werk en het Madagaskar uitgesonder. Hy het gesê Suid-Afrika huisves tans 117 diplomatieke missies, die grootste aantal in die wêreld ná Washington.

"Dit is 'n mag tot ons beskikking," het hy gesê.

купить воронеж оборудование и инструмент для кузовного ремонталобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.