Amerikaanse troepe se psigiese oorlogskade neem toe

Deel op
ImageDie Amerikaanse RAND Corporation het 'n tydjie gelede 'n studie vrygestel oor die psigiese gevolge van die twee oorloë waarin die VSA tans verkeer, naamlik Irak en Afghanistan.

NUUT!

Uit die verslag blyk dit dat "nie alleen is 'n hoër proporsie van die magte ontplooi nie, maar ontplooiings duur langer en herontplooiing is algemeen, en rustydperke tussen ontplooiings is ongereeld."

Onlangse pogings van die weermag om hierdie kwessies aan te spreek het nie veel opgelewer nie. Die VSA se magte is onder druk en die aanbevelings wat gedoen is was volgens ingeligte waarnemers te min en te laat. Die RAND-studie het bevind dat ongeveer 300 000 mans en vroue wat in Irak en Afghanistan diens gedoen het aan posttraumatiese stres ly of aan ernstige depressie.

Dit beteken dat een uit elke vyf veterane dringend aandag benodig. Geweld, alkoholmisbruik, gebroke gesinne en selfmoord is reeds algemeen onder die groep. Meer tragies nog is dat die Amerikaanse publiek nie in hierdie gevolge van konflik belangstel nie.

Daar is ander navorsing wat RAND se verslag ondersteun. 'n CBS-nuusopname het bevind dat veterane tussen die ouderdom van 20 en 24 vier keer meer geneig is om selfmoord te pleeg as nie-veterane van dieselfde ouderdom.

Time het verlede jaar berig dat 'n groeiende aantal Amerikaanse gevegstroepe daagliks anti-depressante moet neem om die senuwees te kalmeer na lang dienstye in Irak en Afghanistan.

мой домик для барбиАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.