Sannieshof se inwoners ge?ntimideer

Deel op
Die inwoners van Sannieshof is sedert November 2007 in 'n aktiewe dispuut met die Tswaingmunisipaliteit gewikkel waaronder een van die bepalings die wanbestuur van die rioolwerke is. Tswaingmunisipaliteit het gedurende hierdie periode nog geen insette gelewer om die besoedeling wat deur hulle nalatige optrede veroorsaak is aan te spreek nie.

NUUT!

Die hooftegniesebeampte, mnr Hennie Breytenbach, van die Tswaingmunisipaliteit van Sannieshof, het egter Maandag 18 Mei 2009 om 15:30 die SAPD gaan haal en vergesel om die voorsitter van gemeenskapsorganisasies te dreig met inhegtenisname vir die betreding van die Sannieshofrioolwerke wat hy as privaat eiendom beskou. SIBU (Sannieshof Inwoners Belastingbetalersunie) se prokureur het onmiddellik die staatsaanklaer gebel wat bevestig het dat daar geen gronde vir inhegtenisname is nie.

Die munisipale bestuurder, mnr Legoete, en raadslid Botswe was albei op Maandagoggend in die teenwoordigheid van Tswaingpersoneel en bestuurslede van die Inwonersunie op die perseel vir ‘n besoek. Mnr Legoete was ook uitgenooi na die werksgroep wat op Saterdag 16 Mei by die damme gewerk het. Hy het nie opgedaag of verskoning daarvoor aangeteken nie. Nòg mnr Legoete nòg mnr Botswe het Maandagoggend enige waarskuwing of enige ultimatum aan die gemeenskapsorganisasies gerig. Inteendeel, hulle besoek is as positiewe kommunikasie ten opsigte van die krisis by die rioolwerke ervaar.

Op gereelde basis is aan Tswaing gerapporteer dat rou riool vryelik in die Hartsrivier vloei. In Januarie 2009 is daar op ‘n vergadering tussen die bestuur van bg organisasies en die munisipale bestuurder mnr Legoete en mnr Breytenbach, dit onder hulle aandag gebring dat die ou lagoondam op die dorp se wal besig is om te verbrokkel en dat rou riool vryelik afstroom na die rivier.
.
Niks is daaraan gedoen nie.

Ondanks die feit dat Tswaingmunisipaliteit verantwoordelikheid ten opsigte van riool bestuur behoort te aanvaar, is niemand behalwe die werkers wat riool aflaai ooit by die damme teenwoordig nie. Mnr Breytenbach het gister gesê hy is nie bewus daarvan was dat daar ook riool by die tweede lagoon dam uitgeloop het nie.

Onlangse watermonsters wat geneem is het dan ook getoon dat die rivierwater besoedel word met rou riool waarvan die menslike koliforms >8000 eenhede is.Die maksimum toelaatbare eenhede is 1000. Hierdie water besoedel die natuurlike vleilande, watersuipings van vee en weidings en die Barberspannatuurreservaat en Schweizer Reyneke-dam. Natuurbewaring het al verskeie kere die uitslag van watertoetse wat bewys dat daar besoedeling plaasvind aan Tswaing gestuur sonder enige sukses of erkenning van ontvangs van die inligting. SIBU en die Sannieshofsakekamer het afskrifte van al die nodige dokumentasie ten opsigte van die besoedeling.

Die Barberspannatuurreservaat is ‘n wêreldbekende vleiland en migrasiepunt van ‘n groot verskeidenheid watervoëls. Die inloop van rou riool in Barberspan hou ‘n groot ekologiese ramp in vir hierdie natuurbewaringsgebied. Daar is visarende wat hier voorkom. Barberspan word ook vir hengel en watersport gebruik. Die besoedeling met riool salgevolglik hierdie aktiwiteite nadelig raak en Barberspan as ‘n vakansieoord benadeel.

Derhalwe sal Tswaing se onvermoë in die bestuur van hulle rioolwerke nie langer geduld word nie.

Gesien in die lig van die bepalings van die Nasionale Omgewingsbestuur Wet, Wet 107 van 1998 en die Nasionale Waterwet No 36 van 1998, is Tswaingmunisipaliteit skuldig in terme van oortreding van die bepalings van hierdie wette. Nie net oortree hulle hierdie wette nie, maar probeer pogings wat die inwoners aanwend om verdere rioolbesoedeling te bekamp, in die wiele ry.

Mnr Breytenbach het op Dinsdag 19 Mei die kragtoevoer na die rioolwerke laat afsny om enige aktiwiteite en werking daar te stop.

Die inwoners van Sannieshof sien dit as intimmidasie en die voorsitter van SIBU, mev Visser, beskou dit as viktimisasie nadat mnr Breytenbach aan Mnr Jaap Kelder, Voorsitter van die NBU, telefonies in kennis gestel het dat hy die aksie geloods het om die Sannieshoffers die skrik op die lyf te jaag. Die inwoners van Sannieshof is besig om regsadvies in te win vir optrede teen mnr Breytenbach en mnr Legoete ten opsigte van hul onregmatige optrede.

free games coтопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.