R52 miljoen se hero?ene ontdek

Deel op
Twee mans is gearresteer omdat hulle moontlik R52 miljoen se heroïene in hulle besit gehad het. Die twee is Dinsdag vasgekeer by die Lebombogrenspos naby Komatipoort, het die Mpumalanga polisie gesê.

Kaptein Trevor Memela sê die polisie was besig met roetineondersoeke op voertuie wat vanaf Mosambiek in Suid-Afrika reis. Teen ongeveer 7:30nm het hulle 'n vreemde vrag opgemerk op 'n vragmotor wat hulle besig was om deur te kyk.

By nadere ondersoek het die polisie 'n vals kompartement wat in die vragmotor ingebou is, ontdek. Die kompartement was gelaai met sewe sakke poeier. 'n Polisiehond het dadelik die poeier geëien as 'n dwelm.

Die twee mans, een ouerig en die ander jonk, is gearresteer. Die poeier sal na 'n forensiese laboratorium gestuur word om vas te stel of dit heroïene is. Die twee sal Woensdag voor 'n hof in Komatipoort verskyn.

Memela het gesê ouer mans word dikwels as dwelmmuile gebruik omdat hulle nie soveel aandag trek nie.

сайт детских товаровФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.