DA skors 14 raadslede in Pretoria

Deel op
Die Vryheidsfront Plus "neem kennis van die tydelike skorsing van ongeveer 14 DA-raadslede, hoofsaaklik in Pretoria, waaronder al die DA se swart- en Indiër-raadslede, asook verskeie raadslede uit die plaaslike Afrikanergemeenskap".
Deel op

Die raadslede wat geskors is sluit in Cate Mpete, Theo Rossouw, Dawie Pretorius, Tiny Thobejane, Lawrence Mokale, Catherine Moagi, Sathy Naicker, Peter Millar, Piet Fourie, Suzette Fourie en Leonora Janse van Rensburg.

Die skorsing van Piet en Suzette Fourie (wat getroud is) sal ook die wenkbroue laat lig. Suzette Fourie het in Julie verlede jaar naelskraap teen die VF Plus gewen in ‘n tussenverkiesing in Wyk 55 in Pretoria.

Volgens Dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, het die DA hierdie besluit geensins aan die publiek in die betrokke wyke gekommunikeer nie.

“Wanneer soveel raadslede geskors word kan dit ernstige implikasies vir dienslewering inhou en die publiek het die reg om te weet wat aangaan. Dit is onaanvaarbaar dat interne gevegte van die DA nou op inwoners afgeforseer word. Terwyl die stad van een na die ander krisis strompel, soos die huidige eiendomsbelasting- en kontantvloeikrisisse, hou die DA hom besig met selfvernietigende binnegevegte”, het Beyers gesê.

Volgens die VF Plus beteken die DA in Pretoria bitter min vir opposisiepolitiek. Daar is ‘n groot groep onbevoegde raadslede in die DA is wat geen bydrae tot die stadsraad se werksaamhede maak nie.

“As raadslid vind ek dit soms baie komies om te sien hoe die DA na 10 jaar verval het tot 'n impotente klomp raasbekke sonder enige effek. Om elke hoek en draai gil die DA histeries op die ANC oor enigiets denkbaar. Dan sit hulle selfvoldaan terug en voel hulle het hul werk gedoen, terwyl die ANC eenvoudig ongestoord voortgaan. Daar is nooit ‘n oplossing nie, net ‘n geraas.”

Die VF Plus volg 'n meer praktiese benadering. Ons opponeer die regering waar nodig, en indien nodig opponeer ons hulle heftig. Maar ons kyk ook of ons 'n oplossing kan vind deur met regeringsinstansies en ander organisasies in gesprek te tree. Die VF Plus sal met hierdie benadering baie meer vermag vir ons mense as wat die DA met hulle histeriese geskree gaan regkry”, het Beyers bygevoeg.

play free slotsДанильченко Юрий прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.