Cosatu gebruik steeds Vodacom

Deel op
Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi en woordvoerder Patrick Craven maak steeds gebruik van Vodacom. Die SAUK het Maandag berig dat die twee leiers van die vakbond aangeteken is op die Vodacomnetwerk.

Cosatu het 'n oproep gedoen aan hulle lede om die selfoonmaatskappy te boikot nadat hulle nie Sondag daarin kon slaag om Vodacom se notering op die Joahnnesburgse Aandelebeurs te stuit nie.

Craven het aan die openbare uitsaaier gesê dat hy en Vavi die netwerk sal ophou gebruik as die vakbond se sentrale uitvoerende komitee die besluit om Vodacom te boikot, bekragtig het.

casino online freeпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.