Hoe irrelevant Beeld en Rapport geword het

Deel op

Die ou Naspers of dan vandag se Media24 kan dit nie verdra dat hy nie meer so maklik Afrikaners se menings kan vorm nie. Gister se Rapport spandeer bladsye om die VF+ af te maak as ’n óf ’n Judas óf ’n Piet Retief, tog dink 81% van die stemmers in Rapport se meningspeiling dat Mulder die regte ding gedoen het.

Deel op
Praat mens met boere op grondvlak is die meeste baie positief oor Mulder se aanstelling en sê openlik hul sou hom verkwalik het indien hy nie die pos aanvaar het nie. 

Vir dekades lank het Naspers die waarheid gemanipuleer om die destydse NP-regering aan bewind te hou en toe die skrif aan die muur is, het die einste Naspers saam met De Klerk en kie. gat-om-geswaai om skielik die ANC en mnr. Mandela aan ons te bemark en ons die beloofde land in te lei. Keer op keer is die openbare mening deur effektiewe propaganda gevorm en Afrikaners ’n rat voor die oë gedraai.

Toe verskyn mnr. Zuma op die toneel en skielik word bladsye en kolomme gebruik om blankes met vrees te vervul en Zuma as ’n tweede Mugabe af te maak. Eers toe die publiek se eie woede oor Thabo Mbeki behoorlik vlamgevat het, het Tim en kie. saggies en baie huiwerig kritiek teen hom begin uitspreek.

Tydens mnr. Zuma se eerste hofsaak toe derduisende swartmense straatblokke vol gepak het om Zuma te ondersteun, het Tim en die vervelige ou Harold Pakendorf week na week aan die hele land vertel hoe yl Zuma se steun nou eintlik is. Die Zunami het net groter geword en ná die ANC se Pietersburgkonferensie moes hul hul woorde sluk.

Toe saal hulle die DA en Cope-perdjie op. Cope gaan 20% steun kry, Cope is oppad om die regering te word. Opskrifte soos “Die ANC gaan steier” was elke week te sien. Ná die verkiesing, toe die ANC skaars gesteier het, toe word die VF+ tot niet verklaar. Die VF+ gaan begrawe word, die VF+ is irrelevant ens, ens. Groot gewag word van die 0,8% steun gemaak, niks word gesê dat die VF+ in der waarheid getallegewys meer stemme gekry het as in die vorige verkiesing nie. 

 

Die feit dat die ANC skaars 4 % steun afgestaan het word verswyg. So ook die feit dat mnr. Zuma deur meer mense in die parlement tot president verkies is as wat deur die ANC verteenwoordig word, word gerieflikheidshalwe geignoreer. Die gevreesde twee-derde meerderheid waarmee blankes afgedreig is om vir die DA te stem, is duidelik nog daar as mens kyk wie sit in die opposisie-banke. 

 

Rapport slaan nou die VF+-kitaar vir die derde week in ’n ry, maar Afrikaners in die algemeen klink of hul die VF+ en Zuma in ’n positiewer lig sien as voor verkiesingsdag. Lees mens kommentare op Rapport se blad is Afrikaners toenemend verbitterd teenoor Rapport se afskuwelike polities korrektheid. Die term Afrikaanses word gebruik wanneer dit die koerant pas en dan word daar weer omgedraai en praat die koerant namens ons, die wit Afrikaners.

 

Mens kan jouself ook die vraag af vra hoeveel skade het hierdie publikasies hulself aangedoen met die ponie-agtige beriggewing oor Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen. Steve se nuutste cd het reeds die 20 000 kerf verbygesteek voor dit beskikbaar gestel is. Die meeste Afrikaners is volwasse genoeg om te besef hierdie mense se na-uurse bedrywighede het min met hul talente te doen en beskou die soort beriggewing net soos Zille se aanmerkings oor Zuma se drie vrouens bloot as onsmaaklik.

 

Media24 het tred met die werklikheid verloor. Sy magtige propaganda masjien kan glad nie meer openbare mening in die land as geheel swaai nie omdat bitter min swartmense toegang tot koerante het en miljoene mense steeds ook ongeletterd is. Onder gegoede blankes is daar ’n toenemende negatiwiteit teenoor die hoofstroommedia en het toegang tot internet het baie gehelp om menings elders te vorm. Rapport se kwynende sirkulasiesyfers spreek vanself.

принцессы диснейtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.