Stil katelkruipers!

Deel op
Moet tog nie julle laat mislei deur die vreespolitiek en valse propaganda van Naspers nie want dis nog steeds gemik teen die belange van die Afrikaner soos voorheen. Gogga-maak-vir-baba-bang massahisterie.

Ons weet mos hoe werk die Afrikaanse media met ons koppe. 'Anti-politiek' is nie ‘n beginsel nie. Dis hoogstens bedoel om druk uit te oefen maar sal nooit die ANC uit die kussings lig nie. Dis politieke hardlywigheid.

Anti-politiek is nou suksesvol gebruik om al die banggatte op loop te jaag insluitende die AWB, HNP, DA, COPE in, met slegs een uitsondering naamlik die 150 000 VF+ kiesers. Mulder het bewys dat hy nie bang is nie – die hart van ‘n leeu van Wes Transvaal.

Hy het die VF minus verander in ‘n plus. Hy skrik vir niks. Die groot gesanik oor verbeeldingsvlugte van die sogenaamde tawwes kan veeleerder as verraad beskou word waaroor die geskiedenis sal oordeel. ‘n Soort Boerehippiekultuur van selkastyding en selfbejammering en rigor mortis. Dis die ‘ek-het-jou-mos-gesê’ hoogheiliges onder die katelkruipers wat kla.

Verraad sou wees om nie alles vir ons vryheid te probeer nie – dit is wanneer die manne van die muise onderskei word. In die werksplek werk die meeste mense daagliks intiem saam met die ANC-mense vir hulle eie ekonomiese vryheid. Hoekom word Mulder anders beoordeel?

Toegegee dat Mulder se voorganger Balldrik du Toit so ‘n verraaier was – ja. Maar mens kan mos ons man se arms versterk en nie weghol nog voor die oorlog begin het nie. Dan praat mense so maklik van oorlog en stryd en die wonderlike ‘Volk’ wat soos spoke verdwyn as daar iets gebeur waarmee ons klaers nie saamstem nie.

Maar ek weet van ander volksgenote, volkshelde wat vir geen duiwel stuit nie – maar nou in die tronke sit omdat hulle mense skandalig van hulle vergeet het waar hulle onder die katels lê en raas.

Diegene wat altyd wes kyk sal nooooit die son sien opkom nie!

earrings forФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.