Geld wat verdwyn by Tshwane se munisipaliteit

Deel op

Die SAUK het Sondag 10 Mei 2009 'n verdere program aangebied waarin die voorkoms van witboordjiemisdaad in die Tshwane-munisipaliteit bevestig word. Dit kom nadat munisipale klagtes teen sulke onthullings van die hand gewys is. Dit volg ook op die ANC-oorwinning in die verkiesing van 22 April 2009 waarin die nuwe President van Suid-Afrika, Jacob Zuma, plegtig belowe het dat streng opgetree gaan word teen ANC-lede wat hulle mag misbruik en/of nie hulle werk doen nie. Interessant is dat president Jacob Zuma bevestig dat hy en sy familie die Presidensie in die Hoofstad "Tshwane" sal betree.

Deel op

Inderdaad 'n vreemde sameloop van omstandighede wat sal lei tot die eerste gewetenstoets gedurende die eerste 100 dae van president Jacob Zuma se regeringstydperk.

Tshwane-munisipaliteit se ANC-raadslede het figuurlik baie braaf soos die geskiedkundige kaptein Tshwane sonder onderbroek die bestuur van die munisipaliteit voortgesit en sonder 'n sweem van verontwaardiging die "kontantvloeiprobleem" afgelag met 'n dubbelbelastingaanslag vir die maand op al die betalende belastingbetalers. Dit is sonder twyfel hoogs onwaarskynlik dat dit sonder meer geduld kan word omdat dit 'n presedent skep vir ongehoorde maatreëls van die Mugabe-tipe.

Die ANC-raadslede het die meerderheid en weier om die saak in raadsvergaderings te bespreek waar dit sodoende op rekord geplaas kan word. Die finansiële bestuurder van die munisipaliteit is 'n ondergekwalifiseerde swartvrou wat ondersteun moet word deur konsultante maar ten spyte daarvan klaarblyklik witboordjiemisdaad goedkeur.

Tans word die regsgeldigheid van die vooruitbetaalbaarheid van belasting bevraagteken asook die voorbeeld wat daar gestel gaan word vir ander munisipaliteite wat die mag het om belasting te hef "wanneer nodig". Klink baie soos die ou feodale heersers van die middeleeue, nie waar nie?

In daardie tye kon en het die bevolkings wat daardeur geraak is, gestaak en klippe gegooi, maar in ons moderne tyd is daar meer gesofistikeerde tegnieke van burgerlike koërdinering en gesprek. Die Belastingbetalersvereniging is in staat om inwoners te verteenwoordig by die munisipaliteit waar hulle moet kan verduidelik hoe die sweer uitgesny kan word. Maar dit is duidelik dat die verantwoordelikheid op elke belastingbetaler rus om self verantwoordelikheid vir sy dienste en belastingpligtigheid te aanvaar.

'n Goeie voorbeeld is 'n jaar terug gestel met die beurtkragprobleem waar mense die verantwoordelikheid geneem het vir hulle eie krag met opwekkers. Kontak die Belastingbetalersvereniging. Maak egter intussen seker dat die rekeninge tussen die verwagte betalings differensieer sodat dit duidelik is wat vooruit betaal word en wat nie. 

Die ironiese sy van die saak is dat die munisipaliteit reeds oor miljoene rande se deposito's beskik wat waarskynlik wederregtelik bestuur is, omdat dit oënskynlik "verdwyn" het – konsultante ten spyt.

casino sign up bonusФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.