Pous ondersteun Palestynse staat

Deel op
ImagePous Benediktus XVI het sterk steun vir 'n Palestynse staat uitgespreek tydens sy besoek aan Bethlehem in Israel.

Hy het gesê die Vatikaan ondersteun 'n soewereine Palestynse tuisland met internasionaal erkende grense.

Die pous is deur die Palestynse president Mahmoud Abbas verwelkom. Hy het 'n beroep op jong Palestyne gedoen om geweld af te sweer en daarna besoek gebring aan die Aidavlugtelingkamp.

Die pous het ook sy diep meegevoel uitgespreek teenoor Palestyne wat geliefdes verloor het in Gaza en het internasionale bystand vir die heropbou van Gaza gevra.

укладка ламинатлобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.