En nou VF+?

Deel op

Die Afrikanervolksparty is deur sommiges in die verlede gekritiseer oor sy fel kritiek jeens die Vryheidsfront Plus. Ons is selfs as skeurmakers uitgekryt omdat ons “mede-Afrikaners” se “goeie bedoelings” met ons volk bevraagteken het.

Deel op

Met die aankondiging van Zuma se kabinet moes die Afrikanervolk nou kennis neem dat dr Pieter Mulder die pos van adjunkminister van landbou gaan beklee. Dus, Mulder sal saam met kommuniste en Afrikanerhaters soos Blade Nzimande en Jeremy Cronin in Zuma se kabinet sit! En derduisende VF+-ondersteuners het vir hierdie party gaan stem omdat Mulder en sy trawante hulle belowe het dat die VF+ die ANC gaan beveg!

Met hierdie aankondiging is die VF+ waarskynlik finaal ontbloot vir wat hy werklik verteenwoordig: ‘n Judasbok wat vir sy ondersteuners gelieg het oor sy werklike motiewe, dog hulle in die proses in die kraal van die vyand inlei. Dit behoort nou vir selfs die getrouste VF+ ondersteuner duidelik te wees dat die VF+ nie vertrou kan word met die belange, (en veral die toekoms), van die Afrikaner nie. Maar dit was vir baie van ons reeds lankal duidelik.

Die VF+ sal hierdie gebeure nie oorleef nie. Daar heers waarskynlik by baie van hulle ‘n gevoel van ontnugtering en absolute teleurstelling oor hierdie nuwe verwikkelinge. Na my mening het die leiers van die VF+ vooraf geweet dat dit sou gebeur en waarskynlik soos een man gestem het vir Zuma as president. Nie dat hulle vier stemme ‘n verskil kon maak nie, maar feit is dat so ‘n aanstelling met ‘n quid pro quo gepaardgaan. En tyd sal leer wat die omvang van hierdie oor-en-weer beloftes gaan behels. Waarskynlik het dit onder meer daarmee te doen dat Mulder moet sorg dat die regterkant betrek word by “onderhandelinge vir ‘n volkstaat” (soos vanaf 1994 tot en met die ontbinding van die Volkstaatraad), en daarby dat hierdie onderhandelinge, (soos in die verlede), uitgerek word om enige verset teen hierdie bose bestel in die kiem te smoor.

Mulder sal nie in die kabinet van Zuma kan agiteer vir die belange van die Afrikanervolk nie; hy is immers nie gekies as minister vir Afrikaner-landbousake nie. Hy het trou gesweer om die grondwet te onderhou. Dit is nou ‘n grondwet wat in die naam van “menseregte” en “demokrasie” die Afrikaner se ondergang bewerk. As minister sal hy nie net hierdie eed moet herhaal nie, maar sal die laaste sweempie van verset wat die VF+ probeer voorhou het, uitgewis word. Hy sal derhalwe moet meehelp in dit wat die grondwet ten doel stel, naamlik blanke onteiening!

Dat die VF+ ná hierdie stap nog enigsins praat van “vryheid” vir die Afrikaner, maak ‘n bespotting van die woord, van die Afrikaner se stryd, en bowe-al, van die waarheid. Wie op hierdie stadium nog glo dat die VF+ die belange van die Afrikaner verteenwoordig, glo waarskynlik ook in die bestaan van Rooikappie.

справки купитьлобановский александр харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.