Coronakorrupsie in piesangkoninkryk Nederland

Deel op

Die Nederlandse regering, met name die Eerste Minister Marc Rutte, staan onder druk. Die afgelope 17 maart het ons ‘n landelike verkiesing gehou en die meerderheid Nederlanders het gehoop dat ons na meer as 10 jaar uiteindelik afskeid kon neem van “Marx” Rutte. Nie net het hy Nederland stewig na links gestuur nie, maar het sy volk uitverkoop aan die Eurokrate in Brussel, sy onderminister Kasja Ollongren – ‘n lid van die linkse hippieparty D66 – het bykans ‘n volledige monopolie oor die Nederlandse hoofstroommedia bekom, hy is tot aan sy ore onder die “Kindertoeslagaffaire” toegesneeu (wat veral nie-blanke arm gesinne duisende euro in die skulde gedruk het en dit jarelang stilgehou het), hy word beskuldig dat hy dokumente agtergehou het oor Vlug MH-17 wat in 2014 bo Oekraïne afgeskiet was met 193 Nederlanders aan boord. Ook het hy, ondanks negatiewe referendumuitslae die Marrakeshverdrag bekragtig (waardeur migrante onbeperk Europa mag binnekom), die Oekraïneverdrag deurgesit, terreurgroepe in Sirië gefinansier en ‘n parlementêre mosie geblokkeer om ondersoek hierna in te stel.

Soos in baie gevalle wanneer daar sprake is van grootskalige korrupsie, is daar tog iewers ‘n edel siel te bekenne wat al hierdie skandes uit die kas gehaal het, en in hierdie geval betref dit die Christendemokraat Pieter Omtzigt. As erkenning vir sy integriteit het Rutte en sy nuutste onderminister Sigrid Kaag – ook so ‘n vervloekte D66 skepsel – besluit om Omtzigt vir sy moeite te beloon met die woorde “functie: elders”. Daar is ewe skielik geen plek meer vir hom in die nuwe kabinetsformasie nie.

Wat ook nogal die wenkbroue laat frons is die prominente posisie wat hierdie twee linkse partye, Rutte se VVD en Kaag se D66 aan die stembus behaal het. Die nuwe regse party Forum voor Democratie (FvD) onder leiding van die jong, aantreklike Thierry Baudet het wél ‘n groot wins behaal maar word nog steeds tot die kleiner partye gereken, ondanks die feit dat die FvD met sy 45 000 lede byna dubbel so veel volgelinge het as VVD (25 000) en D66 (27 000) saam.

Wat egter die belangrikste nederlaag vir Rutte sou wees (hoop ek van harte) is die manier waarop sy polisie-eenhede hardhandig op anti-grendelstaatdemonstrante losgeslaan het in Den Haag en Amsterdam. Daar is in Nederland twee soorte polisie-eenhede, naamlik die Mobiele Eenheid (ME) wat skarebeheer toepas, en die Arrestatie Eenheid (AE), wat geen linies vorm nie, maar tussen die skare inbeweeg en persoonlike arrestasies verrig. In die volksmond staan die AE bekend as Romeo’s.

In plaas daarvan egter dat hierdie Romeo’s teregte arrestasies verrig, word hulle deesdae ingesit om juis die demonstrerende menigte tot agressie aan te hits. Hulle is oor die algemeen stewig geboude knape en loop onopvallend rond in burgerklere. Hul gesigte is bedek en daar is al genoeg beeldmateriaal wat uitgelek het hoedat hulle vredeliewende demonstrante voor ryende polisie vangwaens instamp, hardlopend op die vuis afgaan teen alles en almal wat in hul pad staan, demonstrante wat op die grond inmekaargesak lê met knuppels bewerk, en selfs ‘n hond dwing om die platgeslane demonstrante te byt (teen die hond se wil in). Vervolgens word die skare onrustig en word die ME ingeskakel om die menigte “onder beheer te bring”. In baie gevalle weet die ME nie eens dat hierdie “gewelddadige” demonstrante deur Romeo’s uit hul eie korpsleiding aangehits is nie, maar dit het in elk geval gelei tot ernstige stresklagtes by sommige ME-agente, waarvan sommiges getraumatiseer by die huis sit en nie meer hul werksaamhede kan verrig nie. Dit het as gevolg hiervan bekend geword dat daar sprake is van ‘n groepsdrukkultuur en intimidasie binne die polisie.

Danksy die werk van die dapper ondersoeksjoernalis Flavio Pasquino, wie se huis al bestorm was deur die polisie as gevolg van sy kritiese onderhoude, kan ons nou meer insigte verkry in die aard en omvang van hierdie korrupsie en hoe Rutte hierdie kultuur regverdig en na die demonstrante verwys as “doorgesnoven (kokaiënsnuiwende) hooligans”.

Die woede is te verstane.

Nie net is mense wanhopig as gevolg van die streng Coronamaatreëls en polisieoptredes nie, maar Rutte het sy land uitverkoop aan die Duitse magshonger psigopaat Klaus Schwab; argitek van die Groot Herstel, wat weldra die hele ekonomie gaan transformeer in ‘n sosialistiese helstaat waarin jy binnekort slegs mag eet as jy goed te boek staan by die outoriteite.

Om die waarheid te sê het Schwab al vir Sigrid Kaag voorgelei om Eerste Minister van Nederland te word sodra Rutte die pad sou vat, en daardie Kaag vroumens is ook bepaald geen suiwer koffie nie. Sy is getroud met ‘n radikale Palestyn wat onder Arafat gedien het en lid was van sy Fatah beweging, wat deur die EU en VSA as terroristeorganisasie erken word. Sy het in 1993 in die geheim getrou met hierdie Anis Al-Qaq en toe dit uitgelek het, moes sy haar eertydse funksie by die Ministerie van Buitelandse Sake opsê. Sy woon in ‘n riante herehuis in Den Haag met ‘n geskatte waarde tussen € 840 000 en 890 000 en staan in die woonregister bekend as “ongetroud”.

Met ander woorde, as Rutte sou voetsek, kry ons ‘n erger produk daarvoor terug, danksy hierdie Euro-Soros genaamd Klaus Schwab. En ons gepeupel het niks te vertelle oor ons eie land nie.

Met al hierdie onstuimigheid wat ons nou sien, die polisie wat geweld uitlok, ‘n Eerste Minister wat geen omkyk het na sy eie burgers nie, eerlike politici wat die pad moet vat en ‘n onsuiwer bedrogpleër wat die hoogste amp dalk gaan betree, sien ons hoe die ondergang van ons demokratiese regstaat besig is om ‘n werklikheid te word.

En dit is nou ‘n land wat so heftig teen Suid-Afrika opgetree het ten tye van polisiegeweld in die townships, maar kyk hoe maak hulle teen hulle eie mense!

Ek het geweet dat daar ‘n dag sou aanbreek dat boontjie sy loontjie sou kry, maar die wyse waarop bly maar altyd ‘n misterie.  Ek het egter nooit gedink dat dit so maklik sou wees om van moraliteit te verander as jou baas se beursie begin opswel nie.

Van ‘n Nederlander het ek egter meer integriteit verwag.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.