FW de Klerk bekeer hom tot Islam, skenk geld vir moskee

Deel op

Die voormalige president en leier van die Nasionale Party, mnr. F.W. de Klerk, het bekendgemaak dat hy hom tot die Moslemgeloof bekeer het. “Ek het eers in Boeddhisme belanggestel, maar het nou my ware tuitste gevind,” sê De Klerk.

Hy gaan ook persoonlik R30 miljoen skenk om ‘n moskee op Potchefstroom op te rig. Die res van die fondse om ‘n groot moskee op die dorp te bou, sal van Katar af kom. “Ek het spesiaal Doha toe gereis vir samesprekings met Emir Tamim bin Hamad Al Thani wat net so geesdriftig oor die projek is soos ek.”

Die moskee sal naby die Potchefstroomkampus van die Noordwes-universiteit opgerig word sodat dit ook vir studente en jongmense toeganklik sal wees.

“Ek het as Gereformeerde Christen grootgeword, en agterna die Boeddhisme op die proef gestel. Ek voel egter dat Islam die ware geloof van Afrika en Suid-Afrika, maar ook Europa, behoort te wees,” sê die oud-president. “Die Christendom het te veel skade aan ons vasteland aangerig.”

Mev. Elita de Klerk, sy gade, vereenselwig haar met die kentering in haar man se lewe en sal voortaan in die openbaar ‘n hidjab dra. “Dit is vir my glad geen moeite of verleentheid nie,” sê sy. “Ek het nog altyd geglo dat vroue hul fatsoenlik en kuis behoort te gedra.”

Die De Klerks vertrek binnekort op ‘n pelgrimstog na Mekka vir Ramadan. “Ramadan strek vanjaar van 13 April tot 13 Mei wat ons ons in die Heilige Land, Saoedi-Arabië, sal deurbring,” het FW gesê. “‘n Mens moet op 13 April begin vas, maar as iemand wat eers onlangs Mohammed aangeneem het, het ek besluit om sommer van vandag af, een April, te begin vas en my van my sondes te reinig.”

“Vanoggend toe die son opkom, het ek op ‘n matjie in die rigting van Mekka gaan lê en my voor Alla verootmoedig. Eers vanaand ná sononder sal ek enige spyse inneem,” sê die oud-president.

Mnr. Wannie Carstens, ‘n taalkundige van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-universiteit, het die bekering verwelkom. “Afrikaans is eintlik ‘n Moslem-taal,” sê hy. “Dit het via Arabies in 1860 ontwikkel. Noudat Afrikaans orals aan die universiteite afgeskaf word, kan ons net sowel Arabies naas Engels inbring. Só sal die ware aard van Afrikaans behoue bly.”

Mnr. André Bartlett van die Sentrum vir die ontwikkeling van die bediening aan die Universiteit van Pretoria het hulde aan mnr. FW de Klerk gebring. “Hier by die sentrum veg ons kliphard vir gays in die NG Kerk, maar ook in die moskee. Vele NG Kerk-geboue staan reeds leeg. As katedrale in Europa in moskees omskep kan word, waarom nie ook NG Kerke, Hervormde Kerke, Gereformeerde Kerke nie?”

Mnr. Bartlett het uitgevaar teen rassiste en Islamofobe wat dalk mnr. De Klerk sou wou kritiseer. “Islam is die godsdiens van liefde. Daar is veel meer verdraagsaamheid teenoor homoseksualiteit onder Moslems as onder tradisionele NG Kerk-lidmate. Ons kan by hulle gaan leer,” meen André Bartlett.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.