Tim, Arrie en die Trump-offensief

Deel op

As ons die media dophou van die afgelope paar dae, sien ons dat dit nie net Tim du Plessis is met sy skimprede oor die vermoorde Amerikaanse oorlogsveteraan Ashli Babbitt in die Capitolgebou in Washington nie. Ek ontdek toevallig hierdie artikel in die Vrye Weekblad wat deur korrespondent Arrie Rossouw geskryf is in die nasleep van die Trump nederlaag in Washington. Ook hierin word ‘n parallel getrek tussen die vermoorde Amerikaner en die AWB-lede in Bophutatswana.Dit verbaas seker nie, maar sedert die tyd van Max du Preez het die VW nog glad nie die geringste moeite gedoen om hulself op die hoogte te stel oor gebeure in die wêreldpolitiek nie.  Suid-Afrika is totaal vernietig as gevolg van die rampspoedige beleidsrigting wat deur die VW gesteun is, en nou is die Verenigde State aan die beurt.

As ons die Vrye Weekblad van een ondeug sou beskuldig, sou dit seker selektiewe verontwaardiging wees. Toe Black Lives Matter enkele maande gelede daardie land op sy knieë gedwing het, het die wêreld se linkse gekke en dwase hierdie gesien as ’n fantastiese daad van solidariteit. BLM was verantwoordelik gewees vir die hoogste skadevergoeding ooit wat deur die versekeraars uitbetaal moes word in die geskiedenis van Amerika (meer as 9/11 met ander woorde), en almal wat ’n ander menig gehuldig het was skielik hul lewens nie meer seker nie. Selfs die All Lives Matter aanhangers het klappe gekry vanuit die ekstreemlinkse hoek, ondanks die feit dat aansienlik baie Black Lives Matter ondersteuners lelieblank was.

Desnieteenstaande kan ek goed indink hoekom mense gefrustreer wou wees met die verkiesingsuitslae. Daar is meer as genoeg bewys dat die verkiesings nie eerlik verloop het nie. Honderde mense het ’n beëdigde verklaring afgelê waarin hulle onreëmatighede tydens die stemmetellery gekonstateer het. Op videobeeld sien ons hoe in die middel van die nag ’n hele koffer met (Biden) stemme afgegee was by die stemburo’s, terwyl die pro-Republikeinse toesighouers al huistoe gestuur was. Die vensters van ’n stemburo in Michigan was met borde toegedek sodat die publiek nie na binne kon kyk nie, terwyl die wetgewing duidelik stel dat dit nie mag gebeur nie. Almal het die reg om te sien hoe stemme getel word. Die ander toesighouers moes vanaf 10 meter afstand met verkykers die tellery dophou terwyl die wet stel dat toesighouers tussen die tellers moet rondloop. Sommige getuies het melding gemaak hoedat Biden stemme tot 24 keer deur dieselfde telmasjien gevoer was om sy syfers kunsmatig te verhoog. In die middel van die nag het die firma wat die stemme tel besluit om hul sagteware “op te waardeer” wat gelei het dat in twee state tegelyk Biden se steun pylreg opgeskiet het om Trump verby te streef. In ander gevalle het argelose burgers na die stemburo’s gegaan om te gaan stem, om dan te verneem dat “hulle alreeds gestem het”. In ander gevalle was stemme uitgedeel van mense wat in 1900 gebore was, met ander woorde 120 jaar oud is. ’n Vragmotorbestuurder het instruksie gekry om meer as driehonderd duisend stemme van een staat na ’n ander te ry om opnuut getel te word.

Die firma AT&T in Nashville  het op die punt gestaan om ’n forensiese oudit te doen op die stemme, maar op Kersdag het Biden en sy agterban ’n wonderlike geskenk gekry toe hierdie kantoor ewe skielik deur ’n bom opgeblaas was. Voor die bomontploffing het daar selfs ’n publieke noodoproep uitgegaan dat almal onmiddelik die gebied moes verlaat.

Dat daar grootskalige genoeiery was met die stemmetellery, en dat selfs die regters in die hooggeregshof die stemme as legitiem beskou het, bewys hoe grootskalig en indringend die korrupsie in Amerika geword het. Dit laat onmiddelik ’n liggie brand oor die 1994 eerste groot landelike verkiesings in Suid-Afrika waarin die “onafhanklike” verkiesingskommissaris regter Kriegler agteraf aan Jaap Marais toegegee het dat ’n “mens kan nie kuis bly in ’n bordeel nie”.

Andersyds is die geloofwaardigheid van ’n Biden-oorwinning maar baie gering. Selfs met ’n beroemdheid soos Lady Gaga aan sy sy, kon hy nouliks 80 mense na sy kampanjes lok, en nou ewe skielik het hy 81 miljoen stemme gewerf, die hoogste ooit in die geskiedenis van die Verenigde State. Biden het totaal geen charisma nie en is duidelik seniel. Hy kan geen sin klaarmaak sonder om eindeloos te haper en stotter nie, en praat dikwels onsamehangend. In ’n ander situasie het hy te midde van ’n toespraak van die verhoog afgestap. Selfs na die eerste (en enigste) presidensiële debat het Biden agteraf gedink dat hy met George Bush gedebateer het, en die dabatfasiliteerder het Trump verbied om vrae oor Biden se seun te stel.

’n Mens wonder, as Trump so ’n golf van teenstand het, hoekom is ‘n pateet soos Biden die enigste demokratiese kandidaat wat hulle kon kry uit 81 miljoen demokratiese stemmers?

Ondertussen is Biden nog steeds onderhewig aan ’n kriminele ondersoek teen hom vanwee die situasie met sy seun, die crack-rokende pedofiel Hunter Biden. Sonder enige goeie rede sit Hunter op die raad van ’n Oekraïense oliebedryf terwyl hy niks van olie af weet nie, en geen kennis van Oekraïene het nie, maar hy verdien wel dollarbedrae met vyf nulle links van die komma. Laat staan nog dat pappa Biden die Oekraïense outoriteite ’n miljard dollar omkoopgeld betaal het om ’n kriminele ondersoek na sy seun te laat vaar. Toe Trump die Oekraïeners opgebel het om hierdie verhaal te verifieer, wou die demokrate Trump afsit weens magsmisbruik.

Rossouw meen verder in sy skrywe hoe Trump, die narsistiese psigopaat, met misleiding, leuens en samesweringseorieë en roekelose leierskap nie aan Biden kon afstaan nie omdat hy blykbaar nie kan vat dat hy die verkiesing verloor het nie.

Ek wonder of Rossouw homself vergewis het met die skandaal wat ondertussen bekend staan as Obamagate. Met medewete van Biden het Obama destyds vanuit die Withuis willens en wetens Trump se gesprekke in Trump Towers afgeluister in ’n poging om sy kampanje te sink. Obama se aangestelde CIA hoof John Brennan het selfs met ’n vervalste paspoort na Oekraïene gereis om te sien of hy iets teen Trump kon vind om hom te ondermyn. Sulke aksies vorm ’n groter skandaal as Nixon se Watergate, maar word deur die linkse kop-in-een-mus hoofstroommedia onder die mat gevee.

Ondertussen is Trump se prestasies welbekend:

  • Onder sy leierskap het die Dow Jones index met ’n derde in waarde toegeneem binne die eerste halfjaar van sy aanstelling, die vinnigste en hoogste sprong ooit.
  • Die Swart en Hispaniese Amerikaners het die laagste werkloosheidsyfer behaal in die geskiedenis van die VS onder sy presidentskap.
  • Toe Hillary Clinton nog in die wedloop was, het die wêreld op DefCon 3 gestaan. Dit is ’n verhoogde staat van paraatheid ten tye van kernoorlog. Met Trump se oorwinning het die DefCon teruggeskaal na 5, met ander woorde veilig.
  • Hy is die eerste president in meer as 43 jaar wat geen nuwe oorlog begin het nie. Sy voorganger Obama is die mees krygslustige president in die geskiedenis van die VSA, en het teen sewe lande tegelyk oorlog gemaak. Dit is drie lande meer as sy voorganger George W. Bush. Ook het Obama tien keer(!) meer hommentuigaanvalle geloods as Bush.
  • Onder Trump het die aantal geweldsmisdade afgeneem vergeleke met Obama.
  • Ondanks die linkses se ewige geweeklag oor die muur en deportasies van onwettige immigrante, het Trump nog minder onwettiges laat arresteer as Obama. Almal was teen Trump se muur, maar oor die mensonterende hokke waar onwettiges in aangehou was onder Obama, swyg die media soos die graf.

Die Obama/Biden kabinet se prestasies is ook bekend.

  • Die Pigford skandaal: Obama het teen die Hooggeregshof se besluit in ’n opdrag bekragtig om 90 000 swartes ten onregte te kompenseer vir landonteiening, terwyl slegs hooguit 2 000 nasate van swart boere aanspraak hierop gehad het. Dit het die Amerikaanse belastingbetaler vier en ’n half miljard dollar gekos. Obama het letterlik voor swart kerkgemeentes sonder aansien des persoons opgedaag en gesê dat hulle kompensasies mag opeis. Sommiges het tot soveel as vyftig duisend dollar opgestryk.
  • Die Tea Party belastingskandaal: In ’n poging om die konserwatiewe bewegings en stigtings in die VSA dwars te lê het Obama ’n grootskalige belastingoudit geëis van hierdie organisasies, terwyl linkse stigtings skotvry daarvan afgekom het. Agteraf het die outoriteite toegegee dat dit gedoen was om konserwatiewes te fnuik en te treiter.
  • Die Fast and Furiousskandaal: Onder Obama het die ATF-polisiediens Amerikaanse wapenleweransiers opdrag gegee om wapens aan Meksikaanse dwelmkartels te verkoop. Die rede was dat hulle “wou sien waar hierdie wapens heen gaan” sodat hulle die hele kartel kon ontdek en arresteer. Toe hierdie wapens egter in die hande van die kartels beland het, het hulle vervolgens niks gedoen nie, en het hierdie kartels het ’n golf van terreur veroorsaak in Meksikaanse stede.
  • Die Benghazi affêre: Hilllary Clinton het onder Obama ’n hele aantal vertroulike eposse uit laat lek, waarvan onder andere die agenda van hul ambassadeur Stevens in Benghazi, Libië. Vervolgens kon sy afsprake ingesien word deur Jan en alleman en was dit kinderspel gewees om hom te vermoor, wat inderdaad gebeur het. Die moord op Stevens het Obama/Clinton gebruik as casus beli om Libië en Khadaffi te vernietig. Daardie land is tot op hede volledig in chaos en anargie gedompel, en blykbaar het die Clinton Libië se goudreserwes gesteel om die oorlog teen Sirië te finansier.
  • Die bogenoemde Obamagate, waarin hy Trump afgeluister het om sy presidentskap te ondermyn. Dit is niks minder as ’n staatsgreep nie.
  • Sy Obamacare leuen: Ondanks sy beloftes dat vir die gewone versekerde Amerikaner niks sou verander nie, is die waarheid dat in baie gevalle het medies versekerde Amerikaners berig ontvang dat hulle premies nie voldoen aan die Affordable Care Act se kriteria nie. Om hulle mediese verdekering te behou sou hulle dubbel so veel premie betaal. Die fluitjieblaser in hierdie verband is die versekeringsagent Rich Weinstein.
  • Die CIA se oormatige inmenging met die nuusmedia: Volgens die afgedankte verslaggewer Sharyl Attkisson het John Brennan ’n hele netwerk van ondersoek en intimidasie opgerig om Obama se skandale toe te dek. Attkisson self het ook haar werk verloor as gevolg van Brennan. Sy het ’n boek hieroor geskryf genaamd Stonewalled: My Fight For Truth Against the Forces of Obstruction, Intimidation and Harassment in Obama’s Washington.
  • Die bekragtiging van die Monsanto Act: Hierdie omstrede bedryf met hul geneties gemanipuleerde sade en inentings, wat alreeds siektes en kanker veroorsaak het, is nou immuun teen vervolging.

Ondertussen het ekstreemlinks die Verenigde State op sy knieë gedwing die afgelope paar maande, maar CNN het hierdie aksies bestempel as “vurig maar meestal vreedsaam”, terwyl die agtergrond oranje gegloei het van afgebrande geboue. Om maar te swyg oor die Russiese inmenging verhaal om Trump verkose te kry, wat toe uiteindelik ’n stil dood gesterf het nadat geen enkele bewys of ondersoek hierdie gerug kon onderbou nie.

Feit van die saak is dat die Amerikaners vir die eerste keer in ’n lang tyd ’n president gehad het wat resultate gelewer het. Dit is ’n groot verskil met die leë beloftes van die beroepspolitici voor hom. Andersyds vrees Amerika nog verdere tirannie onder Biden. Al daardie ou krygshere het Biden weer binnegehaal en gaan die eindelose konflikte waaronder ISIS, Al Kaïda ensovoorts weer voortgaan. Onder Biden gaan die Amerikaanse middeklas verder verarm, die regering gaan groter word, persoonlike vryhede gaan ingeperk word.

Daar is ‘n dun straaltjie van hoop egter.

Met die bestorming van die Capitol het die betogers ‘n groot aantal skootrekenaars gesteel, waaronder die van die ekstreemlinkse Trumphater Nancy Pelosi. As daar genoeg belastende bewys op hierdie rekenaars gevind kan word, kan ons met ‘n bietjie geluk hoop op grootskalige arrestasies van die Washingtonse binnekringe. Dit is uiteraard die rede waarom die demokrate twee weke voor sy vermeende uittrede alweer ‘n poging waag om Trump af te sit. Ook om te keer dat hy nie in 2024 weer ‘n gooi kan doen na presidentskap nie.

Trump het in die verlede af bewys dat hy op die laaste oomblik telkemale teruggebons het na ‘n nederlaag.

Kom ons hoop dat ons weer ‘n soortgelyke spektakel gaan sien. Daarna hoef ons hopelik ons finaal nie meer te steur aan ‘n Tim du Plessis of Arrie Rossouw nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.